Surnames D to G

Written by Elsie Vorster (Grey) on . Posted in D - G.

GRAY John

John GRAY is op 16 Julie 1786 gebore. Hy is op die ouderdom van 28 dae op 13 Augustus 1786 gedoop te St John Wapping, London. Volgense die doop register is hy die seun van John en Elizabeth GRAY. Sy vader was ‘n “cheesemonger” van beroep en woonagtig te Nightingale Lane.
 
John GRAY en Margaret THREADGOLD is getroud op 28 Mei 1815 in (Wapping, Middlesex, England). Daar is 3 dokumente wat dit bevestig: Huwelikregister inskrywing, Huwelikskontrak en Spesiale lisensie omdat Margaret THREADGOLD minderjarige was. (Die handtekening van John Gray kom ooreen met die op die dokumente van Kaapstad waar hy en ROBBERTSON toestemming gevra het om grond te koop tussen Breë Straat en die strand.) Charles THREADGOLD (Margaret se pa) en John THREADGOLD (Margaret se broer) teken as getuies.  
 
Hulle het ongeveer 1823 na Kaapstad verhuis.
 
Die sterfdatum van John GRAY is ook opgespoor en dui aan dat hy op 16 Oktober 1836 (in die ouderdom van 50 jaar) oorlede is en in die St George's Kerkhof Kaapstad, begrawe is. Dus weet ons nou wanneer hy gesterf/ begrawe is en dat dit nie ter see was nie. Inligting vervat in Margaret GRAY (TREADGOLD) se testament toon aan dat John GRAY nie n skeepskaptein was nie maar n skeepsbouer (shipwright). Ons weet ook dat John GRAY van 26 Rosestraat die mede eienaar was van “Cape Town Shipwright” soos aangedui op dokumente wat in die Kaapstad argief oopgespoor is.
 
Margaret THREADGOLD is 7 Augustus 1797 gebore. Volgense die doop register is sy op 15 Oktober 1797 te St. John Wapping London gedoop. Haaar ouers is Charles en Janet THREADGOLD. Haar pa was ‘n skoenmaker van beroep en woonagtig in Wappingstraat. Die doodsertifikaat, testament en boedeldokument van Margaret GRAY(THREADGOLD) is in die Kaapstad argief beskikbaar. Margaret het op 13 Januarie 1848 haar testament laat optrek waarin sy in die testament vermeld dat sy die eggenote is van die afgestorwe John GRAY (of Cape Town Shipwright). Verder vermeld die testament dat 4 kinders as efgename aangewys word. Die naam van Mary GRAY word nie vermeld nie. Janet GRAY married to Charles KIRBY, Margaret GRAY married to Alexander THOMAS,  John GRAY (later Jan GREY) en  Elizabeth GRAY.
Margaret is op 24 Junie 1848 oorlede op die ouderdom van 53 jaar. Ten tye van haar dood het sy in nommer “26 Rose Street in Cape Town“ gewoon. Verder op die doodsertifikaat word die volgende inligting vermeld.
          - Geboorteplek: Onbekend 
          - Die name van haar ouers: Charles Threadgold en Janet Threadgold.
        - Die name van die Gray kinders: Janet Gray (major) was 28 jaar oud, Margaret Gray (major) was 24 jaar oud, John Gray (age 19 years) en Elizabeth (age 17 years)
Hierdie inligting dui ook dus aan dat Margaret nie ter see gesterf het nie. Verder toon die inligting vervat in haar testament aan dat John Gray nie n skeepskaptein was nie maar n skeepsbouer (shipwright). Ons weet nou ook dat John Gray van 26 Rosestraat die mede eienaar was van “Cape Town Shipwright” soos aangedui op dokumente wat in die Kaapstad Argief oopgespoor is.
Die onsekerheid oor die kinders is dus ook nou opgelos en die inligting toon dat daar vier oorlewende kinders was en nie drie kinders soos wat aangedui is nie. Die twee oudste dogters is ook nie terug Engeland toe nie, maar het in Suid- Afrika bly woon. Dit word gestaaf omdat:
Janet GRAY is met Chales KIRBY getroud en die huwelik is op 13 Januarie1845 in die St. John’s Church Wynland voltrek deur Rev. B Maitland. Die huwelik word ook bevestig in Margaret se testament. Charles Kirby en Janet Kirby het op 13 Mei 1862 hulle testament (Beskikbaar in Kaapstad Argief) laat opgestel en was op daardie stadium in Claremont woonagtig. Geen kinders word in die testament vermeld nie.
Margaret GRAY is met Alexander THOMAS getroud en die huwelik word ook in Margaret se testament bevestig. Alexander THOMAS en Margaret THOMAS het verskeie kinders gedoop en op 7 Julie 1846 ‘n dogter Jannet Elizabeth gedoop wat vernoem was na haar twee susters.
Mary Gray is op 4 April 1826 gebore en op 30 April 1826 gedoop geen verdere inligting kon nog oor haar opgespoor word nie. En sy word ook nie in Margaret se testament vermeld nie.
John Gray later bekend Jan Grey is gebore op 22/10/1828 in Cape Town en gedoop op 7/12/1828. John GRAY(Jan GREY) is in pleegsorg by STAGMAN-egpaar geplaas na sy pa se afsterwe. Hy is met Anna Maria Magdalene VREY op 25 Desember 1848 te Riversdal.  Sy nageslag is saamgevat in die “Grey-boek”.
Elizabeth Gray is in 1849 met William Shugg getroud en hulle het in 1854 na Australie verhuis waar sy op 30 Augustus1875 op 44 jarige ouderdom oorlede is. Ten tye van haar dood was daar 4 oorlewende kinders. Op haar doodsertifikaat vermeld dat John Gray ‘n skeepsbouer (shipwright) was.
Charles Gray is gebore in England 12 June 1816. Volgense die dokumente wat ons het is hy ook die seun van John en Margaret GRAY. Hy is twee jaar later egter oorlede op 2 Sep 1818. Die naam is nêrens ter sprake en kan dis nog nie bevestig word nie.
 
Bronne:
-As agtergrond vir die navorsing is die inligting in die boek “Die Grey familie in Suid-Afrika” deur Alida GREY en haar suster Magdalena GREY gebruik.
(Verder word daarna verwys as “Grey-boek”. Met verdere navorsing gedoen deur Elsie VORSTER (GREY), Ria SWART (GREY) en Lowies GREY is die volgende inligting in die argiewe opgespoor. Met hierdie inligting wil ons nie die inligting soos vervat is in die “Grey-boek” verkeerd bewys nie, maar moet dit as aanvullend tot die boek gesien word. Verder moet die inligting tot hulp wees om van die aannames in die boek te komplimenteer en te korrigeer. Inteendeel sommige van die aannames (reg of verkeerd) het gehelp om van die inligting te kan opspoor.
-Kaapstadargief
-Record set: London, Docklands And East End Baptisms, 1558-1933 (X089/158)