Surnames A to C

Written by AM van Rensburg on . Posted in A - C.

BRAND Robert Roberts

Robert Roberts BRAND van Oslo in Noorwee het getrou op die 21 November 1700 met Cornelia SLABBERT en sy was van Meliskerke in Nederland. Hy trou die twee keer 14 April 1720 met Anna WILLEMSE. Anna was die weduwee van Harmen Franke. Anna Willemse was die dogter van Gerrit Willemse en Maria van Cornelisse (dogter van Cornelis Claasen en Catrijn van Malabar).

KINDERS
b1 Pieter Robbert, X 19 Maart 1719 Dionysia Hummel van de Kaap (vader heelwaarskynlik Andreas Jacob Hummel)
b2 Floris, X 6 Feb 1724 Adriana Jacobs (dogter van Jacob van die Koromandelkus en Margaretha van Madagascar)
b3 Johannes, X Christina de Vey (dogter van Abraham de Vey, "n Chinees en Maria van Bengale)
b4 Frederik, X 20 Des 1733 Maria Slabbert
b5 Elsie Sophia gedoop 10 Maart 1715, X Gerrit Visser
b6 Huibrecht gedoop 13 Jun 1717, X JC Smit, XX 17 Jan 1740 Rudolph Brits
b7 Maria 1720

Anna trou weer later met Ernst Wepener

Bronne:
Heese en Lombard
M Upham, "Claas van Malabar" in N Claassen, & GH Claassen, Die Claas(s)en afstammelinge in Suid-Afrika, Centurion, Outeurs, 2001.

Saamgestel deur:
AM van Rensburg


BRAND, Robbert Robberts (sy naam word deurgaans met twee b's gespel in oorspronklike dokumente)
Robbert Robberts BRAND was afkomstig van Cristiania (vandag Oslo) in Noorweë. Hy is op 21 November 1700 getroud met Cornelia SLABBERT, dogter van Floris SLABBERT van Meliskerke in Nederland. Na Cornelia se dood vroeg in 1720, is Robbert op 14 April 1720 getroud met Anna WILLEMS, weduwee van Harmen FRANCKE en die dogter van Gerrit WILLEMS en Maria van Cornelisse. Robbert is kort na hierdie huwelik, in Maart 1721, oorlede.

KINDERS

b1 Pieter Robbert, gedoop op 17 September 1702 en getroud op 19 Maart 1719 met Dionysia Hummel van die Kaap (vader heelwaarskynlik Andreas Jacob Hummel).
b2 Floris, gedoop op 3 Augustus 1704 en getroud op 6 Februarie 1724 met Adriana Jacobs, die weduwee van Bernardus van Hooven en die dogter van Jacob van die Koromandelkus en Margaretha van Madagaskar. Op 26 April 1733 is Floris weer getroud, hierdie keer met Catharina Adriana van Hooven.
b3 Johannes, gedoop op 10 Julie 1707 en getroud 28 April 1726 met Christina de Veyff (of De Vey) dogter van Abraham de Veyff, 'n Chinees, en Maria van Batavia.
b4 Jasper, gedoop op 26 Januarie 1710, maar is waarskynlik klein oorlede omdat sy naam nêrens weer in rekords voorkom nie.
b5 Frederik, gedoop op 1 Mei 1712 en getroud op 20 Desember 1733 Maria Visser dv Coenraad Jansz Visser.
b6 Elsje Sofia, gedoop op 10 Maart 1715 en getroud op 15 Februarie 1728 met Gerrit Visser.
b7 Huibrecht, gedoop op 13 Junie 1717 en getroud op 16 Augustus 1733 met Jurgen Christoffel Smit. Na sy dood is sy op 17 Januarie 1740 met Rudolf Brits getroud.
b8 Maria, gedoop op 1 September 1720. Sy is uit Robbert se huwelik met Anna Willems gebore.

Bronne:

MC Brand: "Robbert Brand – 'n beskeie stamvader" in Familia, Uitgawe no.1, 2004.
MC Brand: "Nie hierdie Maria Visser nie, maar die ander Maria Visser – eggenote van Frederik Brand
(b5)" in Familia, Uitgawe 4, 2005.

Bydrae tot die uitbreiding/regstelling van die inligting oor stamvader Robbert Brand. Die addisionele/korrekte inligting is in rooi aangedui. Inligting is gebaseer op primêre argivale navorsing wat oor die vroeë Brands gedoen is. Dit is gepubliseer in Familia, die kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van SA. Hierdie artikels bevat volledige verwysings na die oorspronklike bronne.

Saamgestel deur:
Marthinus Brand