Skip to main content

logo new

Surnames A to C

BEUKMAN Christoffel

Christoffel Böckmann (Beukman) arriveer in 1740 aan die Kaap vanaf Quakenburg, Wesfale, Duitsland, hy arriveer aan die Kaap met die Hagersmilde. Vanaf 1740 tot 1756 werk hy eers as 'n soldaat en later as koetsier. Hy word 'n vryburger in 1756. In sy skoonpa se testament van 6 Mei 1765 word sy beroep genoem as 'n landbouer.

Hy trou op 21 Maart 1756 met Elizabeth Margaretha Niemann * 1727, ~21 Februarie 1745, Grote Kerk, Kaapstad, Wes-Kaap. Haar name verskyn in die doopregister as Lisbeth Margriet en in haar vader se testament van 13 April 1747 as Lysbeth Margriet. Sy is die dogter van Diederik Niemann en Elizabeth van de Kaap (Diederik en Elizabeth was nooit getroud nie, drie van hulle dogters is ook stammoeders van die Beukman, Pottas / Potas / Pothas en Spies families).

EERSTE GESLAG

Uit die huwelik word ses kinders gebore:

1. Elizabeth ~ 16 Januarie 1757, X 10 November 1776, met Gideon van Zyl, ~2.7.1752, hy is ‘n burger te Swellendam.

2. Sophia ~ 14 Mei 1758, X 10 Mei 1778, met Johannes Willem Lourens, * 27 April 1750, ~ 7 Mei 1750.

3. Christoffel ~ 16 November 1760, † Swellendam 9 Oktober 1854, X 7 Mei 1797, met Cornelia van Zyl, ~=20 September 1778, † 29 Desember 1817.

4. Magdalena ~ 12 September 1762, X 23 Mei 1784, met Guilliam Wolfaard, ~ 12 Maart 1758. Hy is ’n burger te Swellendam.

5. Diederik (Dirk) ~ 3 Augustus 1766, X Swellendam 6 Februarie 1808 met Jacoba Alberta van Zyl,~ 4 Januarie 1777, (weduwee van Gabriel. le Roux,~ 8 Oktober 1752), XX Swellendam 2 Februarie 1817 met Cornelia Petronella van Eeden ~ 16 April 1775.

6. Jacobus ~20 November 1768.

Saamgestel deur:

Johan Jacob Pottas pottasj.rd@mail.uovs.ac.za
(This document is also available in English from the e mail address above)

Bronne:

Kaapse Argief: Sterfkennisse, Testamente
Suid-Afrikannse Geslagregisters: JA Heese
Geslagsregisters van die ou Kaapse Families: red C Pama
Bydraes deur WA Niemann

  • Hits: 12703

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy