Surnames A to C

Written by Stamouers on . Posted in A - C.

CRAFFORD Dirk Willem

Dirk Willem CRAFFORD was afkomstig vanuit Utrecht, Nederland. Wanneer hy aan die Kaap gearriveer het is nie bekend nie, maar hy tree op 22 Januarie 1730 op Stellenbosch met Rachel JOUBERT in die huwelik. Sy was die dogter van die Joubert stamouers, Pierre Joubert en Isabeau Richard. Dirk Willem Crafford sterf iewers tussen 1741 en 1744, waarna sy weduwee op 30 Oktober 1744 met Gerrit van Deventer trou.

Die Crafford stamouers het drie kinders gehad:

b1 Elizabeth Cornelia, gedoop op 1 Maart 1731. Sy trou op 20 Junie 1756 met Willem Sterrenberg Pretorius.
b2 Rachel Crafford, gedoop 1 Julie 1736. Trou met Cornelis van Rooyen.
b3 Jan Crafford, gedoop 26 November 1741. Trou op 22 November 1767 met Catharina Oosthuyzen. Hy sterf 11 Mei 1811.

Bronne:
1. C.C. de Villiers & C. Pama, Geslagsregisters van die ou Kaapse families.
2. J.A. Heese & R.T.J. Lombard, Suid-Afrikaanse geslagsregisters.

Saamgestel deur Ina Penberthy diepennies@aol.com