Skip to main content

logo new

Surnames A to C

CORNELISZ Jan

Jan CORNELISZ van Oudbeijerland (ook bekend as Jan Bombam), trou op 22 Mei 1672 met Catharina Harmenz van Rhenen. (Kyk ook onder van Biljon).

Jan Cornelisz word ook as Jan Bombam in die Resolusies van die Politieke Raad, Vol V, p. 302 aangespreek. 'n Mens wonder waar die naam Bombam vandaan gekom het?

Volgens die dagboek van Adam Tas was Jan Bombam die bynaam vir Jan Cornelis van Oud-Beyerland (vgl Minuten Justitiƫle Attestatiƫn, 1706 onder 20 Oktober). Uit grondbriewe blyk dit dat hy van 1683 af op 'n plaas geboer het waaraan hy toe dit eindelik in 1689 aan hom toegeken is (OSF I, bl. 12), die naam Libertas gegee het (Libertas A, waar vandag Vredelust is, dus ten ooste van Oude Libertas). Sy eerste vrou, Katrina HARMENSZ, met wie hy in 1672 getroud is en by wie hy drie kinders gehad het, het hom ontval. Die plaas Libertas is saam met ander deur Jurgen Grim (ook heemraadslid) verenig tot een groot geheel van 184 morg met behoud van die naam Libertas. Dit was hierdie skone erfenis wat Adam Tas ten deel geval het toe hy in 1703 met die weduwee Grimp getroud is.

KINDERS
b1 Catharina =12 Mei 1675 ( daar was geen getuies nie) x Robert Jansz van Hoorn (Hees en Lombard H-I bladsy 470; en Heese en Lombard J-K, bladsy 75). Hierdie inligting is moontlik nie korrek nie:
In Capensis van Junie 2001 (`The Soetkoek Syndrome op bladsy 27) maak Mansell Upham 'n belangrike regstelling, naamlik dat Dr JA Heese 'n doopinskrywing van ene Catharina op 5 Nov 1684 verkeerd gelees het en dat die ouers nie Louis de Bor en 'n Catharina was nie, maar wel Kees de Boer (Cornelis Claasen) en sy vrou Catharina, 'n swart slavin. Ons vermoed dat hierdie Catharina met Robbert Jansz van Hoorn getroud was. Hierdie inligting is belangrik, want dit beteken dat Jan Cornelisz van Oudbeijerland (Bombam) en sy vrou Catharina Harmensz van Rhenen se kinders geen nasate gehad het nie.

b2 Cornelis = 29 Nov 1676 (getuies Francois Viljoen en Elsie Jacobs, geboreCloete).
b3 Anna = 29 Maart 1680 (weereens geen getuies nie). Ek vermoed x Jan Jacobsz van Dyk; XX 7 Nov 1706 Johan Berhard Sicher (sien Hoge se `German Personalia'), XXX c1740 Bernardus van Biljon. Haar ouers word in die doop inskrywing aangegee as Jan Bombam en Catharina Harmens aangegee.

In die Opgaafrolle van 1682 verskyn Jan Bombam en Cathryn Harmens se name met 1 seun, 1 dogter en 'n kneg. In 1685 verskyn die name van Jan Cornelisz (Bombam) en Maria Kickart (sic) met twee kinders. Dit wil voorkom of een dogter jonk gesterf het. Jan Cornelisz se plaas het later deel van Adam Tas se plaas, Libertas, geword. Jan Jacobsz van Dyk het op Keerweder, Stellenbosch geboer (Sien J vd Byl, Eienaars van erwe in Stellenbosch 1693-1860). Keerweder het in 1706 Johan Sicher se eiendom geword, aangesien hy waarskynlik met Van Dyk se weduwee getrou het. Die enigste probleem is dat Jan van Dyk en Anna Jansz reeds vanaf 1692 in die Opgaafrolle verskyn, wat beteken dat sy baie jonk moes gewees het met hul troue.

Jan CORNELISZ trou in 1683 met Maria KICKERS, maar sy verlaat hom na twee jaar. Hulle skei in 1700 weens haar owerspel (Sy het toe alreeds een kind by Ferdinandus Appel gehad en sewe kinders by Frederik Botha met wie sy toe as man en vrou saamgelewe het, Kyk ook onder Botha)


Bronne:
Heese en Lombard
A Tas Dagboek
GC de Wet, Vrylilede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
Inligting van GenForum: Lorna Newcomb

Saamgestel deur:
AM van Rensburg



  • Hits: 11403

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy