Surnames V to Z

Written by Jeanette Pauline CLEMENTS (née KRUGER), on . Posted in V - Z.

VAN MANEN Jan

Jan VAN MANEN is gebore te Holland op 30 April 1825 , hy sterf 25 January 1890 op die ouderdom van 64 jaar 9 maande te Pretoria en is begrawe in die Ou Begraafplaas, Kerkstraat, Pretoria. Hy kom van Amersfoort, Utrecht distrik, Holland na Suid-Afrika op16 April 1851 aanboord die Prins Veldmaarschalk, en woon eers te Prins Albert waar hy die "eerste onderwyser" by die nuutgestigte skool was (nou die Zwartberg Hoërskool genoem). Hy is daar onderwyser van 1852-1873.

Daarna verhuis hy in 1873 na Rustenburg, waar hy ook onderwys gee. Twee jaar later verhuis hy na Pretoria–volgens inligting van skrywe van outeur se moeder wat 'n dogter van b10 was . Verskeie Argiefdokumente bevestig ook dat hy onderwyser te Rustenburg en later te Pretoria was. Erkenning vir sy foto aan die Suid-Afrikaanse Argief Pretoria. Hy is oorlede toe hy woonagtig was te Riverstraat 134, Sunnyside, Pretoria (graffoto van groep VAN MANEN-grafte in besit van navorser).

JanfotoOvaalsmall      JansnrskrifOuBegrPtasmall     OuBegrPtasmall

 

Kwotasie uit: "Place and Street Names of Pretoria" deur Tom Andrews:

"Van Manen Street, Elardus Park: Jan van Manen, a Netherlander, came to South Africa. In the 1850 's and opened the Dorpschool in Markstraat (Paul Kruger Street) in 1885; his wife, Johanna was also a teacher in the school; he died in January 1890."

Hy trou met Helena Johanna Barendina (Lenie) BERNING (Barendina ook gespel Berrendina) gebore op 24 Mei 1835 , Kaap Suid-Afrika, sy sterf 8 November 1907 . Jan en Lenie trou te no 1 Dixon straat Kaapstad op 12 Januarie 1852 gelei deur Rev G Morgan . en verhuis toe na Prins Albert. Hy was 26, sy 16 jaar oud. Die van BERNING is eers op Hollands/Afrikaans uitgespreek, later op Engels.

Haar ouers was Willem Frederik BERNING (gebore 1786) getroud met Helena Sara WOLFF. Helena was hul 9e kind. Willem Frederik BERNING se broer, Frederik Simon BERNING (gebore 1795), was hierdie dogter se voog by opgee van trou-gebooie.

Haar een seun, Gerrit Willem VAN MANEN, gebore 1876, is saam met haar in een graf begrawe (grafinskripsie).

Sy, sowel as een van hul dogters het in Pretoria aan verkeie musiekopvoerings deelgeneem. Aanhaling wat volg is uit Rosa Swanepoel se Pretoria-brief van Oktober 2009 :
"In Julie 1883 is daar 'n uitvoering van die Messiah van Handel in die Masonic Hall ten bate van die begraafplaasfonds. So ver ek kon vasstel was dit die eerste keer wat die Messiah in Pretoria uigevoer is. Van die persone wat opgetree het was o.a. die mejj. Rissik, S. Marais, Cooper en Roos. Dan ook mev. Kriel, van Manen, en Field. Die dirigent was mnr. R.B. Moorby, die orrelis mnr. Buskes en die pianis mej. Nettie van Manen."

Jan en Lenie het 13 kinders, 4 seuns en 9 dogters, gehad:

b1. Helena Johanna VAN MANEN gebore 18 Mei 1853 Prins Albert, Kaap en oorlede 7 November 1893 ook Prins Albert. Sy trou 16 Mei 1872 met Petrus Hendrik LOUW, hy is gebore 8 November 1835 en oorlede 26 September 1913 Prins Albert,
9 kinders, 5 seuns en 4 dogters, volgens Sterfkennis.

b2. Magdalena Catharina (Catherina) VAN MANEN gebore 5 November 1854 Prins Albert, Kaap en oorlede 10 September 1943 te Rustenburg . Sy trou 12 Junie 1878 met Cornelis BRINK wat gebore is 4 Januarie 1856, en oorlede is 15 Mei 1914,
9 kinders, 6 seuns en 3 dogters.

b3. Margaritha Johanna VAN MANEN gebore 3 Januarie 1856. Sy is nie op haar pa Jan se sterfskennisgewing nie, wat 'n aanduiding is dat sy (lank) voor hom oorlede is, ook geen stefkennisgewing vir haar nie. Vermoedelik is sy as kind oorlede, want Jan (jnr) wat 'n week voor sy pa oorlede is, word wel op Jan senior se sterfkennis gelys en gemeld "dead". Sy en Jan (jnr) is nie op hul ma se sterfkennis gelys nie. Verdere detail nie beskikbaar nie.
Geen kinders.

b4. Jan (jnr) VAN MANEN gebore Prins Albert 12 November 1857 en oorlede 4 Februarie 1890 Smitsdorp , begrawe Ou Begraafplaas, Kerkstraat te Pretoria. Hy was ongetroud.
geen kinders.

b5. Willem VAN MANEN gebore 23 September 1859 Prins Albert, Kaap, Suid-Afrika en oorlede 28 Junie 1932 Pretoria . Hy was Siviele Kommissaris te Pretoria . Hy trou met Adriana Catharina VAN STADEN gebore Februarie 1863 en oorlede 18 Maart 1937 . Moontlik die omgevalde graf by groep VAN MANEN-grafte, Ou Begraafplaas Pretoria langs dié van 'n jaar oue dogterjie van hulle se graf, 10 kinders, 6 seuns en 4 dogters.

b6. Sibella Margaretha VAN MANEN gebore 10 Maart 1861 Prins Albert, Kaap en oorlede 12 Augustus 1933 Pretoria . Sy trou met Edward PHILLIPS gebore ca.1855 en oorlede 11 Augustus 1933 . Sy sterfkennis meld hy is van Engeland, 3 kinders, 1 seuns en 2 dogters.

b7. Anna Elizabeth VAN MANEN gebore 25 Augustus 1863 Prins Albert, Kaap en oorlede 23 Mei 1954 Springs . Sy trou 7 November 1883 met Leopold SCROOBY gebore Julie 1862 Bedford, Kaap en oorlede 11 Desember 1940 , 7 kinders, 5 seuns en 2 dogters.

b8. Maria (Mimmie) VAN MANEN gebore 14 Junie 1865 Prins Albert, Kaap en oorlede 28 Januarie 1928. Sy trou met
Salomon Stephanus Maritz (Fanie) BOTHA gebore ca.1857 en oorlede 6 Mei 1937 . Graf Ou Begraafplaas Pretoria (groep VAN MANEN-grafte), 2 kinders, dogters, volgens sterfkennis.

b9. Antoinette Charlotte VAN MANEN gebore 5 November 1868 Prins Albert, Kaap en oorlede 31 Maart 1955 . Sy trou met
Daniel DE KOCK gebore 12 Julie 1907 en oorlede 13 April 1947, 4 kinders, 3 seuns en 1 dogter (minstens).

b10. Frederik Simon (Frikkie) VAN MANEN gebore 18 Julie 1870 Prins Albert en oorlede 6 Desember 1943 Pretoria . Sy rang was Lt.-kol. by afsterwe. Hy trou te Potchefstroom 1894 of 95 met Gertruida Paulina (Gertie) DARGON gebore 1 Januarie 1873 en oorlede 2 Desember 1946 Oudshoorn .

Hy was betrokke by die Anglo-Boereoorlog onder Genl. Beyers. Daarna is hy Sekretaris van Genl. Beyers in Unie-Verdedigingsmag (van 1912).
Oorlede by dogter Frieda Maria O'CONNOR te Queenstr 82, Oudtshoorn, graf Rebeccastraatbegraafplaas, Pretoria, Blok Afrikaans D, graf no 2011 (navorser het foto van hul en 3 kinders se grafte langs mekaar), 5 kinders, 1 seun en 4 dogters.

b11. Johanna Barendina Christofora (Hannie) VAN MANEN gebore 27 Junie 1873 Prins Albert, Kaap en oorlede 22 Oktober 1968 Pretoria . Sy trou met James RATTRAY gebore April 1863 en oorlede 27 Mei 1945,  2 kinders, 1 seun en 1 dogter.

b12. Gerrit Willem VAN MANEN gebore 20 Februarie 1876 moontlik Pretoria en oorlede 31 Julie 1909 Pretoria (argief foutiewelik Gerrit William gespel) ongetroud.
Inskripsie op sy moeder se graf, groep VAN MANEN-grafte, Ou Begraafplaas, Kerkstraat Pretoria. Geen kinders.

b13. Helena Johanna Barendina VAN MANEN gebore ca.1880 Pretoria en oorlede 15 April 1944 , oorlede Pretoria op ouderdom 63 jaar 10 maande. Sy trou met Jacobus Johannes (Kappie) SANDENBERGH gebore Worcester 25 Augustus 1879 en oorlede Johannesburg 23 Junie 1951 . Beide Sandenbergh spellings "g" en "gh"word in verskillende bronne gebruik. 'n Koerantberig (in besit van navorser) oor FS VAN MANEN se begrafnis meld: "suster mev Kappie SANDENBERG was teenwoordig". Sy is nie op haar ouers se sterfkennisse of testamente gelys nie, alhoewel sy lank na hulle oorlede is, maar haar eie sterfkennis meld haar ouers as Jan en Helena VAN MANEN, 4 kinders, 2 seuns en 2 dogters.

BRONNE:

[Afskrif van sy geboortesertifikaat by Petrus Johannes Jacobus (Pierre) VAN MANEN, Kaapstad]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 0/5169]
[Skrywe van Pauline (Paulina) KRUGER, née VAN MANEN]
[http://www.emagameni.co.za/Place%20And%20Street%20Names%20of%20Pretoria.pdf p 468]
[Inskrywing verkry via familysearch.org]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 11260]
[ Pierre VAN MANEN het bewyse]
[Uittreksel uit "South African Commercial Advertiser – January 1852"]
[Jan Ploeger se boek: Nederlanders in Transvaal 1850-1950. Uitgewe JL van Schaik)]
[Suid-Afrikaanse Argief KAB MOOC 6/9/323 no 2626]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 4278/43]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 0/5211]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 79144]
[Hierdie Willem het 'n kleinseun Petrus Johannes Jacobus (Pierre) wat sommige VAN MANEN-inligting verskaf het]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 96739]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 82591, argief spel van "VAN MENEN"]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 1942/45]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 3142/54 (aangenome seun teken sterfkennis)]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 266/41]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 97191]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 2000/55]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 1860/47]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 66/44]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB 396/47]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 11604/68]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 2774/45]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 14216]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 1846/44]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 3617/51]
[Suid-Afrikaanse Argief TAB MHG 1846/44]

Navorser:
Jeanette Pauline CLEMENTS (née KRUGER), 'n agter-kleinkind van Jan VAN MANEN aan moederskant.
Jeanette.clements@gmail.com