Surnames V to Z

Written by Stamouers on . Posted in V - Z.

WEEBER Johan Valentin

Johan(n) Valentin WEEBER (WEBER), van Homberg in Hessen (Duitsland), was die seun van Wihan Weber en Anna Maria Wihan. Hy het in 1789 as soldaat na die Kaap gekom en nadat hy uit die diens van die Kompanjie getree het, het hy hom as algemene handelaar in 1795 te Kaapstad gevestig. Trou 1.6.1794 met Johanna Magdalena Catharina BREDENKAMP (6 kinders). Johann Valentin Weber is op 1 Julie 1804 oorlede.

KINDERS:
b1 Aletta Johanna (1795).
b2 Johan Falentijn (1797).
b3 Anetta Elisabeth (1798).
b4 Jacoba Johanna Elisabeth (1799).
b5 Catharina Christina (1801).
b6 Frederik Barend (1803).

Verwysings:
J.H Redelinghuys