Surnames V to Z

Written by Jan van Biljon on . Posted in V - Z.

WALTERS Ernst Friedrich

Ernst Friedrich WALTERS was from Breslau. He became a burgher in 1688. He and Catharina van de Kaap had a daughter:
Anna Catharina baptised 22 April 1695

The orphan chamber placed his child with someone to be taken care of.

Ernst was a leatherworker 1688 - 1697 and he farmed in partnership with Christoffel Snyman. He appeared on 18 July 1693 in a case of trespassing the law which prohibited trading

Die verwysing na hom en Catharina van die Kaap in Hoge is 'n interessante een en waarskynlik gebaseer op 'n hofsaak waar 'n soldaat Jan Rutter betrap is by 'n slavin Catrijn. Rutter se vonnis was dat hy 'n maand se soldy moes opoffer terwyl die slavin vir ses maande in kettings moes werk. Die vonnis is uitgestel sodat daar ondersoek gedoen kan word na 'n verdere klagte naamlik dat sy Walters se minnares was.

Walters kom die eerste keer in 1688 in die Opgaafrolle voor en daar word nie aangedui dat hy getroud was nie. Ook in 1692 is hy nog alleen maar in 1695 word Maria VAN DE KAAP as sy vrou aangedui en ook dat hy 'n dogter het. Ek kon nie enige verder inskrywings van hom kry nie. AJ Böeseken dui in haar boek Slaves and Free Blacks at the Cape aan dat hy van 1688 -1697 as leerlooier in diens van die VOC was. 'n Mens moet dus aflei dat hy omstreeks1697 oorlede is want op 26 Maart 1698 word daar met Christoffel Snijman ooreengekom "dat hij het kind van Ernst Frederik Walters tot desselfs mondige jaren sal onderhouden voor 360 Kaapse gulden en voor 't gebruijk van 't land en huisjes dat kind behorende". Hierdie Snyman het in vennootskap met Walters geboer (volgens die Stamvader webblad op die plaas Sandvliet) Dit is nou hier waar die raaisel begin oor die Maria Walters is met wie Bernardus van Biljon getroud was. Heese en Lombard sê dat sy of die weduwee of die kind van EF Walters was, maar as Bernardus van Biljon met Maria van die Kaap (Walters se weduwee) getroud was hoekom is die kind dan in Snijman se sorg geplaas. Daar word ook nooit na Barnardus van Biljon se vrou verwys as Maria van die Kaap nie maar altyd as Maria Walters. Ek RAAI dus dat sy die dogter van EFW en Maria van de Kaap was. Die inligitng oor huwelik in die Drakenstein gemeente vir die tydperk 1720 - 1724 ontbreek egter so ek kon nie die inskrywing nagaan nie. Hulle is nie in Stellenbosch of Kaapstad getroud nie en hulle kniders is in Drakenstein gedoop.


Bronne:
GC de Wet Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting 1657 - 1707
J Hoge Personalia of the Germans at the Cape

Saamgestel deur:
Jan van Biljon biljon@gom.co.za
AM van Rensburg