Surnames V to Z

Written by Pieter Conradie on . Posted in V - Z.

VISAGIE Pieter

Pieter VISAGIE van Antwerpen, was alreeds by die Kaap in Maart 1655. Hy trou op 21 Junie 1671 met Catharina KIENS(T) van die stad Veere in die provinsie Zeeland van Nederland.

Catharina Kienst trou die tweede keer op 10 April 1682 met Willem Meyer. Sy trou die derde keer na 1690 met die Hugenoot Marthinus Poussio(e)n.

Hierdie familie val onder dié wat weens vervolging uit Frankryk na die Nederlande gevlug het en van daar weer na ander lande uitgewyk het. Pieter se voorouers het waarskynlik gedurende die eerste geloofsvervolging vanaf die jaar 1535, na die Nederlande gegaan. Die stamvader, Pieter Visagie, was ook een van die eerste koloniste aan wie die Kompanjie die veeboerdery toevertrou het. Hy het in 1679 weiregte by die Tierberg ontvang, waar die Kompanjie ook ‘n veepos gehad het. Hierdie baanbrekers is nie met plase voorsien nie; hulle was voorlopig alleen toegelaat om op bepaalde plekke hul vee te laat wei.

KINDERS
(1) Guilliam (1674), getroud met Gerritje PRINSLOO
(2) Izaak (1679).

Van sy twee seuns, het Izaak nie in die huwelik getree nie. Die geslag in Suid-Afrika is dus deur Guilliam en sy eggenote voortgeplant. Hulle kinders, waarvan
(a) Pieter (1701),
(b) Nicolaas (1712),
(c) Guilliam (1714) en
(d) Jan (1727), waarskynlik nie getrou het nie, was:
(e)Arie (1706), burger te Drakenstein, getroud 2.10.1745 met Maria DEN NIJS; 8 kinders.
(f)Izaak (1708), burger te Drakenstein en getroud 4.3.1736 met Helena NIEUWOUDT; 11 kinders.
(g)Lucas (omtrent 1710 gedoop), burger te Drakenstein en getroud 9.12.1746 met Johanna VISSER, die weduwee van Johannes ROOS.
(h)Catharina (1716), getroud met Hendrik VAN DIJK.
(i)Alida (1718), getroud met Gerrit ROOS en hertroud 18.1.1756 met Paul TIJSEN, van Schoonberg.
(j)Gerrit (1721), burger te Drakenstein en getroud 20.2.1746 met Johanna Christina OTTO;

Bronne:
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys
HUGENOTE-FAMILIEBOEK (1939) A.J.Kannemeyer

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing: