Surnames V to Z

Written by Pieter Conradie on . Posted in V - Z.

VAN REENEN Johannes

Johannes VAN REENEN, van Den Haag (Nederland), seun van Jan VAN RHENEN en Catharina OVERSTRAATEN, kom in 1736 aan in die Kaap as oppermeester; burger in 1736, oorlede op 10.3.1738. Trou op 8 September 1737 met Johanna Appolonia POT. (aldus Pama; Redelinghuys gee die van “POT” as “POLKEN”) Een seun is uit die huwelik gebore, Johannes Jacobus (1738), wat op 16 Augustus 1767 met Catharina VAN DEN TRANS in die eg verbind is. Hy was die vader van drie kinders.

VERWYSINGS:
J.H Redelinghuys: Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA (1955)
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)

Saamgestel deur:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com