Surnames R to U

Written by Stamouers on . Posted in R - U.

RHEEDER Jacob Salomon

Jacob Salomon RöDER / RHEEDER, hy was van Arnstadt in Duitsland, gebore op 12 Februarie 1748. Hy was die seun van die skoenmaker Johan Röder en Martha Böhler. is stamvader van "n groep van die Rheeders van Suid-Afrika. Hy was "n seun van skoenmaker Johann Röder en Martha Bohler. Hy land aan die Kaap in 1767 as "n soldaat. Hy was "n kneg van 1773-8; hy word "n burger in 1778, en werk as "n skoenmaker. Hy trou op 17 Januarie 1779 in die Paarl met Maria Elisabeth BENADE. Sy was gedoop 11 Februarie 1759.

HY HET VYF KINDERS GEHAD

b1 Maria Elisabeth, =8.4.1781, x 21.4.1799 Johann Carl Herschelmann, v Eisenach
b2 Godfried Jacob, =1786 (Lutherse Kerk), x Susanna Catharina Klopper, gedoop Luthersekerk 3 Oktober 1789
b3 Elisabeth Maria Catharina Wilhelmina, =12.10.1788, x 24.6.1804 Christianus Augustus Fleuth, v Sachse-Coburg;
xx (Graaff-Reinet) 26.10.1805 George Friedrich Werner, arr 1782 v Glogau,D. Lg benaam "Spandauberg" by Graaf-Reinett
b4 Jacob Salomon, =10.1.1790, x Maria Margaretha Brits
b5 Benjamin Vreedeman, gedoop Lutherse kerk 1791, x Elisabeth Klopper; xx voor 1822 Anna Emmarentia Jacoba Grundeling, =22.11.1804

(Dan Strydom gee ook drie moontlike ander kinders)

Hy trou die tweede keer op 17 April 1785 in die Paarl, met Maria Margaretha HEYTS / HEIST. Sy was die dogter van Gottfried Friedrich Heyts, van Starrenberg en Maria Elisabeth Cordier.

Jacob Salomon Röder sterwe in 1828 op die plaas "Groot Paardekraal"

Bronne:
J Hoge, Personalia of Germans at the Cape
Dan Strydom se webblad http://incolor.inebraska.com/strydom/geslagsregisters/rheeder/rheeder.htm