Surnames R to U

Written by Pieter Conradie on . Posted in R - U.

RAUBENHEIMER Johann Adam

Johann Adam RAUBENHEIMER is op 29 April 1742 in Sobernheim in Duitsland gebore. Hy was die seun van die slagter Christoph RAUBENHEIMER en het in 1769 as soldaat met die skip Vryburg in Tafelbaai aangekom. Vir die eerste jare van sy verblyf was hy in die diens van die H.O.I.K.; toe hy in 1779 vryburger geword het, was hy eers burger-kornet te Graaff-Reinet, en is in 1791 deur landdros Woeke as luitenant aan-beveel. Hy het op 5 Desember 1779 met Dina Margaretha VAN DYK, die weduwee van Zacharias DE BEER, in die huwelik getree.

EEN KIND
Johan Adam Christoffel (1781). Hierdie seun was later ‘n burger van Graaff--Reinet en het op 16 Junie 1799 met Judith Jacoba STRYDOM getrou, ‘n huwelik wat met veertien kinders geseën is:
(a) Johan Adam (1801), getroud met Isabella Elisabeth BOTHA; 4 kinders.
(b) Anna Margaretha (1803).
(c) Petrus Jacobus (1805), getroud met Francina Jacoba MEIJER; 1 dogter.
(d) Johannes Georg Frederik (1807).
(e) Dina Margaretha (1808).
(f) Matthijs Johannes (1809).
(g) Hendrik Jacobus (1811).
(h) Johan Nicolaas (1813).
(i) Samuel Jacob (1814).
(j) Philippus Johannes (1817).
(k) Judith Jacoba (1818).
(l) Louis Johannes (1820).
(m) Johan Daniel (1821).
(n) Johanna Elisabeth Susanna (1824).

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing: