Surnames N to Q

Written by Gerda Pieterse on . Posted in N - Q.

PIETERSEN Bartel

(Voorheen bekend in publikasies as Barthold Pieterse van Randers - die "n" het later by baie families op natuurlike wyse verdwyn, andere het dit behou)

Bartel PIETERSEN, Stamvader van een van die groter Pieterse families in Suid Afrika het op stormagtige wyse by die Kaap aangekom.

Hy was timmerman in diens van die Deense Oos Indiese Kompanjie, toe sy skip, bekend as "De Kroon Princes van Denemarken", "n Oosindiëvaarder, op 9 Junie 1752 deur "n storm in Mosselbaai verwoes is. Van sy kaptein, Sven Finger, kry "Randers", soos wat hy aan boord bekend gestaan het, op 25 Augustus 1753 toestemming om sy heil aan land te soek waar hy dit ookal kan vind.

Bartel het in 1756 toestemming van goewerneur Ryk Tulbach ontvang om by die Kaap aan te bly, doen aansoek om, en ontvang burgerregte.

Op 29 Maart 1761 trou hy met Anna Christina MINNIE, dogter van Dirk Minnie en Christina Scheepers, te Swellendam. Dirk Minnie was die stamvader van die Minnie familie.

Hulle het die volgende kinders gehad:

b1) Maria Magdalena = 25 Mar 1764
x 20 Apr 1783 Adam Johannes REYNEKE
b2) Johannes Theodorus * 3 Mar 1765, distr George, = 26 Okt 1766,+ 28 Feb 1836, Somerset-Oos
x 3 Dec 1797, Anna Maria BEZUIDENHOUT
b3) Pieter = 11 Des 1768
b4) Jacobus David = 24 Mar 1771
x 12 Feb 1792 Elisabeth Magdalena VAN RENSBURG
b5) Ferdinandus Albertus = 25 Apr 1773 (tweelingbroer van b6)
x 4 Mar 1798 Johanna Helena Josina MEYER
b6) Frederik = 25 Apr 1773 (tweelingbroer van b5)
x17 Jul 1796 Johanna Elisabeth SMIT
b7) Christina * na 1773
x 4 Dec 1796 Michiel Hillegert VAN RENSBURG

Bronne:
· Precis of the Cape of Good Hope: Requesten (Memorials)
H.C.V. Leibrandt
published by the South African Library,Cape Town ISBN 086968 084 6
Ref (No.89) dated 1756 p.898/9
· KAB MOOC 6/9/8 Ref 1420 1836, Pietersen, Johannes Theodorus: DN
· Geslachtsregisters den Ouden Kaapsche Familien
CC de Villiers
(Kaapstad, Van de Sandt de Villiers, 1894), Book on CD
· Shipwrecks of the Southern Cape coast - website
http://www.southerncape.org.za/heritage/maritime/shipwrecks-a.html

Met dank aan Janet Melville, Fay Lea, John Perfect, Lorna Newcombe en Eileen Russell
vir hulle bydraes.

Navorsing deur:
Gerda Pieterse