Surnames N to Q

Written by Pieter Conradie on . Posted in N - Q.

NIEHAUS Christoffel Heinrich

Christoffel Heinrich NIEHAUS, gebore in Schiedehausen, Duitsland, het as jong man na Holland gegaan. Daar het hy by die H.O.I.K. in diens getree en is in 1717 met die skip Catwyk aan Rhyn na die Kaap gestuur. Vir die eerste paar jaar van sy verblyf was hy as boerkneg werksaam. In 1784 het hy egter burgerskap verkry en hom in Drakenstein gaan vestig. Op 6 Oktober 1782 is hy in die huwelik bevestig met Catharina Jacoba DU PLESSIS. Hulle het tien kinders gehad:
(1) Geertruij Elisabeth (1785).
(2) Anna Engela (1785).
(3) Catharina Magdalena (1787).
(4) Bernardus Christiaan Godloof (1789).
(5) Maria Charlotta (1790), getroud met Gijsbert KEET.
(6) Susanna Magdalena (1792), getroud met Johannes Rijnhard KEET.
(7) Christoffel Hendrik (1793).
(8) Petrus Gerhard (1796).
(9) Charles Eduard (1799).
(10) Anna Engela (1800).

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com