Surnames H to J

Written by Olivier J Henning on . Posted in H - J.

HENNING Peter Henrich

Peter Henrich HENNING word in Desember 1740 te Lippstadt (Duitsland) gebore. Sy pa lei hom op as tabakroller en hy neem gedurende 1758 op 17-jarige ouderdom, met sy pa se dood, die tabakwinkel oor.

Gedurende 1765 emigreer Peter Henrich Henning na die Kaap van Goeie Hoop, as soldaat in diens van die HOIC. Op 25 Mei 1768 verleen die Kompanje goedkeuring dat hy as boerkneg vir Gerrit (Gerd) Engelbrecht (een van die Engelbecht stamvaders) mag werk. Gerrit Engelbrecht boer op die plasie Leliefontein, wyk Klein Drakenstein, Stellenboschdistrik.

Peter Henrich trou op 10 Julie 1768 met Elizabeth Catharina Engelbecht, dogter van sy werkgewer. Sy is op 17-1-1753 in die Drakensteinwyk (Paarl) gebore. Hy neem die boerdery op Leliefontein by sy skoonvader oor, maar verkoop die plasie kort hierna aan Daniël Gerhardus Cilliers en verhuis na die Oosgrens van die Kolonie.

Uit hierdie huwelik word elf kinders gebore, nl
b1. Johannes Gerhardus *Achter De Sneeuwberg, Graaff-Reinet, ≈ Land van Waveren 18-3-1770
b2. Elizabeth Catharina *Achter De Sneeuwberg, Graaff-Reinet, ≈ Land van Waveren 15-11-1772
b3. Pieter Hendrik *Achter De Sneeuwberg, Graaff-Reinet, ≈ Land van Waveren 18-4-1776
b4. Anna Maria *Achter De Sneeuwberg 5-10-1778, ≈ Land van Waveren 21-3-1779
b5. Jacobus Cornelis *Achter De Sneeuwberg, ≈ Land van Waveren 3-2-1782
b6. Willem Frederik *Achter De Sneeuwberg 5-9-1782, ≈ Land van Waveren 16-11-1783
b7. Gert Frans *Achter De Sneeuwberg Apr 1785, ≈ Land van Waveren 3-12-1786
b8. Carel *Achter De Sneeuwberg, ≈ Graaff-Reinet 2-12-1788
b9. Jan Hendrik * Achter De Sneeuwberg 2-6-1790, ≈ Graaf-Reinet 15-11-1790
b10. Daniël Stephanus *Achter De Sneeuwberg 4-3-1793, ≈Graaff-Reinet 9-2-1794
b11. Johanna Magdalena *Achter De Sneeuwberg 23-8-1797, ≈ Graaff-Reinet 18-3-1798

Op 25 November 1783 word hy ‘n vryburger. In hierdie tyd verander sy naam na Pieter Hendrik Henning. Hy woon die res van sy lewe op die plaas Elandskraal in die Graaf-Reinet (latere Cradock) distrik. Hy sterf 4-7-1823 en sy vrou 11-2-1845.

Bronne:
Hoofstuk 3: Die Henning Familiekroniek deur O J Henning ISBN 0-620-20300-5
Henning Webwerf, Internet: www.henning.org

Navorsing deur:
Olivier J Henning