Surnames H to J

Written by AM van Rensburg on . Posted in H - J.

JURGENS Franz

Franz JURGENS was van Pilsen in Bohemië afkomstig. Hy kom na die Kaap op die skip Hogersmelde en was "n soldaat in diens van die VOC van 1734 tot 1738. Franz keer vir "n ruk lank terug na Europa, voordat hy weer na die Kaap kom. Hy werk in die Kaapse Hospitaal van 1742 tot 1754. Sy vrou in Europa was Anna BOEKSTAL en hy kry in 1746 toestemming om haar na die Kaap te bring. Ongelukkig sterf sy op 2 September 1747 op die skip onderweg na die Kaap. Hy trou op 24 Maart 1748 met Maria SMUTS en hulle sou sewe kinders hê.

Franz het ook twee buite-egtelike kinders by Johanna CLAASEN (Hendrik-dg):
Maria Elisabeth, gedoop 3 Jan 1740.
Franz, gedoop 22 Des 1743.
SAG, Vol IV, p 195 meld dat hy vier kinders by haar gehad het.

b1 Matthys Walter = Kaapstad 23 Nov 1738
b2 Maria Elizabeth = Kaapstad 3 Jan 1740
b3 Hendrik Ernst = Kaapstad 21 Jan 1741
b4 Franz = Kaapstad 22 Des 1742, trou op 16 Junie 1769 met Florentina SIMONS (Heese, p. 74 gee haar naam as Rosina SIMONS van de Kaap aan, en Heese en Lombard dui die troumaand as Julie aan). SIMONS was die dogter van die Chinees Poasernko. Trou die tweede keer 20 Feb 1785 Margaretha Magdalena Barends van de Kaap (d.v Gottlieb Barends van Zerbst)
b5 Johanna Catharina = 4 Mei 1749, trou 18 Jul 1773 Andreas Christoffel Lind
b6 Franciscus Xaverius = 1 Nov 1750, trou 25 Okt 1772 Maria Emerentia Prins, trou weer 27 Jun 1790 Maria Jacoba Michiel
b7 Judith Maria = 10 Sep 1752, X 3 Des 1775 Christiaan Michiel Ackermann, XX 15 Jul 1787 Johannes Gysbertus Blankenberg
b8 Johannes Pieter = 30 Jun 1754
b9 Hermanus = 18 Apr 1756
b10 Johannes = 16 Apr 1758, X 10 Feb 1782 Susanna de Kock
b11 Tobias = 16 Apr 1758, X 13 Apr 1783 Jannetje Smuts, wed van Servaas de Kock

Bronne:
Heese en Lombard, Vol IV, p, 195.
Heese, Groep Sonder Grense, p, 74.
Hoge, Personalia of the Germans at the Cape.

Saamgestel deur:
AM van Rensburg