Surnames K to M

Written by Stamouers on . Posted in K - M.

MEYN Christiaan

Christiaan Meyn en Martha Manuels. Sy was heelwaarskynlik die kind van Manuel van Angola en Catrijn van Bengale (Catrijn word die stammoeder van die Vermeulens, kyk ook onder die stamouers). Sy was die oud slavin van Hester Weyers en is in 1702 vrygestel. Volgens Hattingh was sy vrygelaat met haar vyf kinders want hulle het "n wit vader gehad, in 1702 nadat haar meesteres oorlede was.

Haar vader Manuel van Angola is omtrent 1685 oorlede (Schoeman, p. 649). Sy partner was Elisabeth/ Lijsbeth van Angola.

Martha Manuels doop die volgende kinders waarvan ek bewus is:-
18 Maart 1691 doop Martha Manuels vir Catharina (Sy word later genoem as Catharina Jacobs van de Kaap) getuies Jan Vermeulen en Maria Bartende (Dit is moeilik om te leest lees. Dit is dieselfde dag waarop Wilhelmina Vermeulen gedoop word), X Jan Verbeek, XX 31 Des 1724 Adolph Hoffman (van Batavia)

4 April 1694 twee slavinne kinderen gedoopt van Jan Holsmidt waer van de moeder is genaemt Martha Manuels, tot getuijge stonden, Sara Claesze, ende Catarina Willems (sic), sijn genaemt de eene Jacob, de andere Helena.

19 Mei 1695 een kind van Marta (sic), gent Christiaen getuigen Jan Willemse Vermeulen en Catharina van Bengale (sic)

10 November 1697 gedoopt het kint van Marta Emanuels slavin van Johannes Holsmit (gewese man van wyle Hester Weijers van Lier voorheen getroud met Wouter Mostert) waarvan Christian als vader onder getijge van Louis van Bengale en Bertrice Cornelisse van Coetzien (sic!). Die kind se naam was Johannes.

16 Mei 1700 een kind van Marta Manuels onder getuige van Jacob Maurits en Catrina Vermeulen (sic) genaemt Willem, X 21 Mei 1730 Judith Kuijp wed van Johannes Smuts

15 Februarie 1705 van Christiaan Mijn en Marta Manuels onder getuijgen van Sybrand Vermeulen en Maria Vermeulen gent. Maria Magdalena, X Michael Basson

My afleiding is dus dat toe Tobias Vlasvath die Kaap verlaat het, het sy skoonma Hester Weijers, van Tobias se slawe- van die wat sy in 1677 aan hom verkoop het- oa. dan vir Martha Manuels- teruggekoop/geneem het. Hulle dan waarskynlik onder beheer van Hester se tweede man Holsmidt beland het.

In 1712 trou Martha Manuels met Andries Blom (van Batavia)

Sources:
Heese, Groep sonder Grense
Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap: Die wereld van "n slavin 1652 - 1733
SAG, Vol V

Contribution:
AM van Rensburg