Surnames K to M

Written by Pieter Conradie on . Posted in K - M.

LESSING Christian Gottlieb

Christian Gottlieb LESSING is in Kamenz, Duitsland, op 29 Maart 1724 gebore as die seun van Johann Georg Lessing en sy eggenote Johanna Sophia DONATH. Hy is ook verwant aan die beroemde Duitse digter Gotthold Ephraim LESSING. Hy het in die jaar 1748 as soldaat met die skip Slooten in Tafelbaai aangekom, en is van 1751 tot 1759 deur die H.O.I.K. as boerkneg aan Stephanus WALTERS uitgeleen. In 1759 het hy burgerskap verkry en hom te Stellenbosch gevestig. Op 25 November 1758 het hy in die huwelik getree met Johanna WEYERS, die weduwee van Geel Andries VAN DER WALT (sy was dus ook die stammoeder van die van der Walt). Tien jaar later is hy vir die tweede keer getroud met Sibilla POTGIETER, die weduwee van Anthony LOMBARD. Laasgenoemde huwelik het op 25 September 1769 plaasgevind. Lessing was die vader van vyf kinders

(1) Johanna Sophia (1760).
(2) Johanna Elisabeth (1761), getroud met Johannes Jurgen DU PREEZ.
(3) Johannes Christiaan (1764), burger te Graaff-Reinet en getroud 14.2.1790 met Lasija Christina VENTER, die weduwee van Hendrik KRUGER; hertroud 22.12.1799 met Hester VAN WIJK; 15 kinders.
(4) Johanna Margaretha (1767).
(5) Martha Theresia (1769), getroud met Paul FOUCHÉ

In 1769 het Lessing in die Swellendam-distrik gaan woon, maar in 1777 vind ons hom weer terug op Stellenbosch. Van 1767 was hy huurder van twee plase in die Roggeveld: ,,De Uytkyk” en ,,Quaggafontein”. Op 3 Maart 1788 is hy te Roodezand, waar hy hom vier jaar vroeër gevestig het, oorlede.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing: