Surnames K to M

Written by Stamouers on . Posted in K - M.

LABUSCHAGNE Pierre

Pierre LABUSCAIGNE (geb. ongeveer 1675) is afkomstig uit die stad Bergerac aan die Dordogne Rivier in Frankryk, en nie uit die dorpie Pontacq in die Pireneeë nie, soos tot onlangs tradisioneel aangeneem was. Na sy vlug uit Frankryk na Nederland in 1696, het Pierre en sy gesin ‘n geruime tyd in Enkhuizen gewoon, waar hy as kleremaker werksaam was. Sy vrou, Maria Anna Bacot, is gebore in Leeuwarden, Friesland, dogter van ‘n Hugenootse vader en ‘n Nederlandse moeder.

Op soek na ‘n beter toekoms, het hy in 1710 na die Kaap de Goede Hoop vertrek as trommelaar in diens van die VOC (HOIK) op die skip Verburg. Sy vrou en drie kinders sou eers etlike jare later, in 1717, by hom in die Kaap aansluit.

Pierre het vir 'n aantal jare as plaasonderwyser en landboukneg gewerk (1711-1717). Daarna het hy allerlei tydelike betrekkinge gehad, bv. vier jaar as Koster van Drakenstein en twee jaar as Bode, totdat hy in 1723 ’n stukkie grond toegewys gekry het en gaan boer het: op Pontac, Paarl.

Kinders (doopname vet):

1. Jeanne Bernardine (Johanna Barendina) * 13 Jul 1704, Enkhuizen, Nederland + Jun 1734, Paarl x 1724 Johan Marisse (later Maritz).

2. Jean (Jan) * 16 Okt 1706, Enkhuizen, Nederland + 17 Nov 1753 Kaap de Goede Hoop x Paarl 11 Nov 1731 Elizabeth Besselame van Amsterdam xx 11 Okt 1739 Gesina Steenkamp.

3. Francois (Frans) * 6 Okt 1708, Enkhuizen, Nederland + 1730, Paarl.

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek
Labuschagne, C.J., Die Franse Voorouers van die Labuschagnes: Op Soek Na Ons Hugenootse Wortels in Frankryk, Nederland, 2004. http://home.hetnet.nl/~bart_labuschagne/Die%20Franse%20Voorouers%20(versie%2018-11-2004).pdf
F.J. Labuschagne, Die Labuschagnes… Waarvandaan en waar het hulle meetsnoere geval?, Potchefstroom, 1981.

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda) en geredigeer en uitgebrei deur Prof. Casper J Labuschagne en Herman Labuschagne.