Surnames D to G

Written by Stamouers on . Posted in D - G.

DU PLOOY Simon

SIMON PLOOIJER bekend as Simon du PLOOY :

Die naam “Plooijer” is van Nederlandse afkoms en meer spesifiek die Zaanstreek Reeds in 1667 word die naam gevind in die Spinhuys in Krommenie se rekeningboeke waarin melding gemaak word van “die Ploijers kinderen”. Alle persone wat die van Plooijer het stam van Pieter Pietersz Plooijer van Krommenie af. In die boek “De Zaanse Volkstaal” (Dr CJ Boekenoogen uitgawe Sythoff) staan daar o.a die volgende :
Plooijer: znw. Zeker soort van Schuier, een langharige zachte kleerborsel, doorgaans ovaal van vorm, enz. Komt ook nog als geslachtsnaam voor nl. “PLOOIJER”. Dit word aanvaar dat Pieter Pietersz Plooijer of selfs sy pa, Pieter Claesz van Neck ‘n borselmaker was.

Die immigrant se voorouers:
A. Pieter Claesz * ca 1595 te Neck bij Purmerend xx Krommenie 5-3-1628 Ytje Symons weduwee.

B5. Pieter Pietersz * Krommenie 24-2-1636 + voor 1695 x Krommenie x 26-11-1656 Risje Willems * ? + voor 1669

C5. Sijmon Pietersz * Krommenie 29-8-1666 (Nota 1)

Dit is waarskynlik hierdie Sijmon wat in 1699 vanaf die skip Sion as die burger Simon Pieterse Ploij in die Kaap die Goeie Hoop aan wal stap.

Hy trou 1696 met Adriaantjie (van en ouers onbekend) , by wie hy een seun het nl.
b1 Pieter Simon * Nederland 1697 + 31-8-1767.

Simon trou weer 22-9-1715 met Catharina Coopman * Kaap of Nederland 1685 en die twee se kinders was as volg:
b2 Willem ≈ Stellenbosch 5-1-1716
b3 Michiel ≈ Stellenbosch 31-3-1717
b4 Maria ≈ Stellenbosch 11-8-1720
b5 Adriana ≈ Stellenbosch 5-9-1723

As burger was hy landbouer of boer eers in Kaapstad en later naby Stellenbosch en “de Hofstede Cromme Rhee groot 13 morgen 46 roeden” word op Woensdag 11-2-1733 kort voor sy dood aan hom toegeken. Voor Simon was die eienaar Hans Melchior en na Simon se oorlye het dit die eiendom van Arnoldus Maasdorp geword..

Volgens opgaafrolle van die tyd was sy besittings in 1731 die volgende:
4 Slawe, 1 Slavin, 20 Perde, 40 beeste, 200 skape, 5000 wingerstokke, 6 lêer wyn, 30 mud koring, 50 mud gars, 1 snaphaan, swaard en pistool.

Simon is tussen 11-2-1733 en 11- 9-1733 oorlede en word deur Catharina oorleef. Op sy boedelinventaris vind ons dat sy seun uit eerste huwelik reeds sy naam skryf as Pieter Simons de Plooy – waarskynlik onder die invloed van die Franse Hugenote.

Simon se drie seuns:
b1 Pieter Simon is ongetroud oolede en het nie ‘n nageslag nagelaat nie.
b2 Willem se 2 seuns het eweeens geen nageslag gehad nie.
b3 Michiel had 5 seuns maar slegs 2 het nageslagte nagelaat waaruit al die du Plooy
nakomelinge spruit.

Nota:
1. Het Geslacht Plooyer van 1600 tot heden – H Hendrikse Wijdenes 1982.

Bronne:
Geslagsregisters van ou Kaapse Families – De Villiers/Pama
Die Wildtuin tussen die Riviere en die geslagsregister van die Immigrant Simon du Plooy - JF en SJ Du Plooy (1982 )
Het Geslacht Plooyer van 1600 tot heden – H Hendrikse Wijdenes (Nederland)1982
Andre du Plooy – Pretoria - Uitreksels van werksdokumente. 2004
Boedelinventarisse van erflaters in die distrik Stellenbosch 1679- 1806 CD van die Stellenbosch Museum (2002) saamgestel deur Annemarie Kresinski-de Widt.

Saamgestel deur:
Simon du Plooy:  sjduplooy@mweb.co.za