Surnames A to C

Written by AM van Rensburg on . Posted in A - C.

BEVERNAGIE Familie

Die Bevernagie familie bestaan nie meer in Suid-Afrika nie, maar hulle het "n groot rol gespeel aan die begin van die Kaap.

Die Bevernagie familie was afkomstig van Meerbrakel in Noord Brabant, Flanders.

Daar was vier broers Theunis, Joost, Jan/Jean en Anthonie - Bevernagie

Francina Bevernagie was die vrou van Jacob Mouton

Joost het by die Kaap aangekom in 1700 op die skip Helmeet, hy verskyn in die Rodesand se monsterrol van 1702. Hy bly aan die Kaap tot met sy dood 36 jare later.

Anthonie verskyn net een keer in die padden en weggenrol van 1711 - 1712. Jan moes ook pad werke doen en daar is "n rekord wat aandui dat hy 15 skape gehad het. In 1706 het Jan die khoikhoi hoof - Prins se bees doodgeskiet (Margaret Cairns, The Secluded valley p 82 dink dit hulle "n fout gemaak het en dit was Joost). In 1710 was dit ook heelwaarskynlik eerder Joost wat sy slaaf Panpouse na die dokter Gideon le Grand geneem het. Cairns beweer dit want dit was Joost wat "n plaas besit het in die Land van Waveren.

Joost moes seker al van 1705 in die Land van Waveren geboer het, want in die opgaafrol is daar "n rekord vir hom. Sy eerste gerigistreerde Leningsplaas kry hy eers in 1712. Daardie jaar het hy ook 90 beeste, 900 skape en 6,000 wingerdstokke, en hy besit 5 slawe manne. In 1718 word die naam van die plaas verskaf - Rietvallij. In 1715 word hy beroof deur "bossjesmans Hottentos" van 100 beeste, 500 skape en twee slawe. Hy is ongetroud in die opgaafrol van 1712, maar in die opgaafrol van 1719 het hy "n vrou en vier kinders. Joost het met die weduwee Anna van der Wey getrou in 1716, en hierdie was die kinders van haar vorige huwelik. Uit die huwelik was daar geen kinders gebore nie. Joost het ook Jan Barentsz Scholtz as "n kneg gehad, Joost was hof toe geneem omdat hy nie al die geld vir hierdie kontrak betaal het nie.

In 1706 beskrywe Joost sy broer Theunis as "mal". In die opgaafrol van 1716 word daar ook gemeld dat hy "mal" is. In 1718 het Joost "n kontrak gemaak met Jacques Nortier om op die plaas Theuniskuyl te boer. Hierdie plaas het behoort aan Theunis. Theunis het "n Testament gemaak in 1724, en toe hy gesterwe het in 1736, het die plaas Theuniskuyl die plaas van Joost geword. Joost sterwe in 1738, en is toe 58 jare oud. Anna trou later met Hermanus Stokvliet.

Bronne:
M Cairns, The Secluded Valley. Tulbagh:"t Land van Waveren 1700 - 1804
SAG vol 1

Bydrae:
AM van Rensburg

Navorsing: