Skip to main content

logo new

Kerke van die Kaap

GRAAFF-REINET gestig 1792

Hierdie gebou moes egter later geheel en al afgebreek en herbou word. Die huidige sierlike kerkgebou is op 10 September 1887 ingewy.

Die Graaff-Reinetse gemeente word in 1792 gestig. Die eerste leraar is ds JH von Manger (1792-1798). Hierna het ds HW Ballot diens aanvaar. Een van sy eerste take was om om die halfgeboude nuwe kerkgebou te voltooi. Die ou gebou was toe reeds bouvallig en is ook gedurende hierdie tyd in 'n brand vernietig. Dit het die kerkraad in 'n groot verleentheid gestel, aangesien die sederhoutkosyne en balke vir die nuwe gebou bestem was. Nuwe boumateriaal moes nou van die Kaap gehaal word en dit vertraag die bouproses met twee maande. Op Sondag, 28 September 1800, word die nuwe kerkgebou deur ds Ballot ingewy. 'n Maand later vertrek hy egter om diens te Swellendam te aanvaar.

Die gemeente bly nou vakant totdat ds JJ Kircherer in 1806 aangestel word. "Een man van biezondere godsvrucht en ijver, die vroeger zendeling onder de Korannas was geweest." Hy het gedurende sy dienstermyn 2000 lidmate aangeneem. Hy word in 1815 na Tulbach verplaas.

In die volgende paar jaar is die leraars ds JA Schutz (1815-1818); Dr A Faure (1818-1822); en ds A Murray (1822-1866). In lg se eerste jaar te Graaff-Reinet word die kerkgebou heeltemaal afgebreek en herbou. Ds Murray moes ook agv die groot distrik begin buitedienste hou en dit lei dan ook tot die stigting van nuwe gemeentes te Aberdeen, Colesberg, Richmond, Burgersdorp en Murraysburg. Nadat hy in 1866 oorlede is, word hy opgevolg deur sy seun, ds Charles Murray (1866-1904). "Deze was als prediker zeer begaafd. Kenmerkend van zijn bediening was zijn liefde voor en arbeid aan de kinderen der gemeente. Het nieuwe kerkgebouw, een der sierlikste in Zuid-Afrika, werd onder zijn bestier in 1886 opgericht." Na hom volg di AF Louw (1897-1903; 1908-1912); PGJ Meiring (1904-1907); PK Albertyn (1906-1921); Dr DF Malan (1913-1915); Dr BB Keet (1916-1919) en Ds IF Burger (1920-1922).

In Eeuwfeest-Album van der Nederduits-Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika 1824-1924, deur Ds A Dreyer verskyn daar 'n prent van die kerk in 1798.

ANDER KERKE IN GRAAFF-REINET (verskaf deur Marion Jaeger)
Die volgende inligting oor Graaff-Reinet uit die volgende boek: De Villiers Minnaar, A. (1987). Graaff-Reinet: 1786-1986. Pretoria: HSRC.(155-159). ISBN 0 7969 0438 3:

NGK "Ou kerk" Eerste predikant J.H. von Manger (1792-1795)
Sendelingskerk: Eerste predikant A.L. van Linge (1829-1849)
NGK 'Nuwe Kerk' Eerste predikant P. van der Merwe (1927-1931)
St. James Anglican Church: Eerste pastoor W. Long (1845-1854)
Trinity Methodist: Eerste pastoor J. Edwards (1870-1873)
Congregational: London Missionary Society Eerste pastoor Dr. J.T. van der Kemp (1801-1802)
Parsonage Street Congregation: Eerste pastoor T.D. Philip (1882-1886)
Doddridge Congregation: Eerste pastoor D.S. Carlyle (1894-1904)
Apostolic Faith Mission: Eerste pastoor H.L. van der Westhuizen (1942-1950)
Immaculate Conception RKK: Eerste priester J. van Cauwelaert (1849-1852)

  • Hits: 12251

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy