The Land

Plek Gids

Agterroggeveld - Noord van die Middelroggeveld dus noord van die klein en groot Rietrivier (Die rivier mond in die vlei stelsel ) en Suid van die Sakrivier

Albert - Hierdie is 'n distrik.`n Kaart van die oosgrens van 1848 tot 1894 dui die distrik as volg aan. Aan die Westekant vorm die Stormbergspruit die grens tussen die distrik Albert en distrik Colesberg. Aadie suidekant vorm die Suurberg , Bamboesberg en Stormberge. Aan die Oostekant vorm die Drakensberg die grens en aan die Noordekant is die Oranje rivier die grens vir die westelike Noordgrens en meer na die Ooste vorm die Witteberge die grens. Volgens die kaart val Lady Grey net buite die Albert distrik

 

Amandelboom - Oorspronklike naam van Williston

Boesmanland - Vanaf Calvinia in die suide tot teen die Oranjerivier. Grens ook aan Namakwaland

Bo-Karoo - Noord van die Kareeberge tot teen die Oranjerivier

Bokkeveld Karoo - Die boere in die Koue Bokkeveld het omtrent almal 'n Karooplaas waarheen hulle met die vee getrek het in die winter. As jy nou van Op-die-berg in 'n oostelike rigting sou ry, gaan jy oor die Katbakkies en kom dan in dié Karoo. Baie noem hierdie die Ceres-Karoo, dit kon ook vermoedelik die Bokveld-Karoo wees. Daar is egter ook die Bokkeveld wat noord van die Hantam lê, en dit sou ook seker as Bokveld-Karoo gesien kan word

Bosjesveld - is geleë tussen die teenswoordige McGregor en Bonnievale

Bosjesveld - is voor Swellendam, (aan die Kaapse kant) en 'n bietjie voor die Breede Rivier. Ook naby Potjies Kraal, en tussen Zonder End Rivier (so bietjie noord) en die Breede Rivier. Die Bosjesveld Pad was by die Ou Kaapse Wagen Weg, en het die Zonder End Rivier oorgaan by Vandrigtsdrift, en die Breede Rivier by Horees Drift. Daar was 'n pont oor die Breede Rivier naby Potjes Kraal van 1750s - 1850s. Bosjesveld is ook Noord van Zoete Melks Valleij Bron: Edmund H Burrows, Overberg Odyssey: People, Roads, and Early Days, Swellendam Trust,1994

Bruintjieshoogte - Die gebied in die distrik Somerset-Oos geleë tussen die Sondagsrivier, Renosterberg, Swartberg, die Winterhoekberge, die Camdeboberg en Sneeuberg. Die naam kan waarskynlik herlei word na ene Nic de Bruyn, heemraad van Swellendam wat in 1769 - 1770 in die Grenskommissie onder leiding van R.S. Faber en J. F. Mentz gedien het

Camdeboo - Graaff-Reinett, Pearston, Somerset Oos, Jansenville, Willowmore en Aberdeen

Camdeboo - In die driehoek Graaff-Reinet , Aberdeen en Kendrew

Dal Josaphat - Die hedendaagse industriële gebied van Paarl

Drakenstein (Groot/Klein) - Die streek waar die Franse Hugenote gevestig was en beslaan rofweg die gebiede Franschhoek, Wemmershoek, La Motte, Simonduim, Paarl, ens,. Gelëe al teen die Drakenstein bergreeks. Tussen Paarl en Franschhoek

Donga - 'n gebied suid van Indwe

Echowa (Paddastoel)-( Xhosanaam vir Elliot) Baie blankes gebruik ook die Xhosanaam

Ghoup - vandag bekend as Koup. (Koup spoorweg stasie is geleë ongeveer 40 km noord van Laingsburg. Die "Koup" is ook 'n wyk (Afdelingsraad/kerk) van Laingsburg . Die landstreek Koup is egter baie groter en beslaan rofweg die distrikte suid van Beaufort Wes, Laingsburg Prins Albert, Merweville en Willowmore

Goudini: Die gedeelte noord-oos van die du Toitskloof-berge, maar suid van die Breërivier

Gordonia - Upington se wêreld en wes van Kuruman geleë. As jy vanaf Kuruman verby Sishen na Upington reis dan sien jy die Korannaberge op die westerkim. Hierdie berge is in Gordonia, rondom Upington

Grasveld -

Griqualandwes - Kimberley en omgewing. Die omgewing kry egter sy beslag by Griekwastad wat voorheen Klaarwater genoem is. Die Sendeling William Anderson het sy sendinstasie hier gehad vanaf baie vroeg in die 1800's

Groenkloof - is die vorige naam vir die huidige dorp Darling en het in 1853 afgestig van die Swartland gemeente

Groot Boesmanland -

Groot Drakenstein - lê op die pad tussen Franschhoek en Stellenbosch

Groot Karoo - Noord van die Swartberge; Suid van die Oranjerivier; Oos van die Cederberge en Wes van die Stormberge. Die gebied bestaan uit die Koup. Camdeboo, Boesmanland, Sentrale Karoo, Oranjerivier vallei en die Noord Weste

Groot Namakwaland - Die onbekende gebiede noord van die Groot Gariep/Oranje Rivier, vandag Namibië

Hantam - Omgewing van Calvinia

Hantamberge - Naby Calvinia

Hardeveld - Teen die weskus by Aurora, Redelinghuys is dit die Sandveld. Meer noord kry jy Koekenaap. Nog meer noord is dit dan die Hardeveld. Landplaas, Komkans, Garies Bitterfontein se wêreld word genoem die Hardeveld. Suid van Koekenaap is dit dus die Sandveld en noord van Koekenaap die Hardeveld.

Hay - Hierdie was 'n distrik wat Postmasburg ingesluit het. In die 19de eeu was dit 'n groot distrik, Griekwastad het deel daarvan gevorm, later is Upper Hay (Die Douglas wêreld) afgesny. 

Hel - Gamkaskloof tussen Oudtshoorn en Prince Albert

Hoëveld -

Kaapse Plein - Die Parade

Kaapse Vlek - die teenswoordige skiereiland

Kannaland. - 'n ander naam vir die Klein Karoo

Kapaailand - Elliot, Ida en Maclearstreek

Karree bergen - Koppies wes van Victoria Wes en suid van Carnarvon

Kareedouw - Joubertina op tot Uniondale

Klein Drakenstein - lê op die pad van Franschhoek na Paarl via Wemmershoek

Klein Karoo - Word begrens in suide deur die Langeberg en Outeniekwa berge, in die noorde deur die Swartberge Die vallei (Kannaland) sterk vanaf Montagu tot by De Rust

Klein Namakwaland -

Klein Roggeveld - Op die pad tussen Matjiesfontein en Sutherland

Klein Vrystaat - In 1876 koop JJ Ferreira en FJ Maritz van de Swazie koning Oembandine ongeveer 17,000 morgen grond. Hulle form toe in 'n klein republiek met die naam Klein Vrystaat. In 1888 versoek hulle om by die ZAR ingelyf te word. Hierdie gebied is vandag se distrikt van Piet-Retief.

Knersvlakte - Noord van Bitterfontein tot by die Kamiesberge

Koenap -

Koo - Tussen Montagu en die N1 hoofpad op die R318. Uit Montagu kry mense eers die eerste vallei naamlik die Keisie, oor Burgerspas tot in die volgende vallei wat die Koo genoem word. Dan oor die Thompsonpas of voorheen Rooihoogte. Die pad loop dan verder verby die plase Sandvlei, Middelberg, Zoutrivier, Vredelus, De Hoop, Nadini, Helpmekaar. Die destydse Matroosbergstasie is ook langs daardie deel waar onder andere die TV reeks Woestynblom gemaak is

Koue Bokkeveld - Wanneer jy egter van Ceres in 'n noordelike rigting ry, deur die klein dorpie Prince Alfred's Hamlet en jy gaan Gydopas uit, dan kom jy nou in die Koue Bokkeveld. Hierdie is by uitstek appel en peer wêreld, (waar die warmer Warm Bokveld ook nog ander vrugte soos perskes, appelkose en pruime het). My mense boer op die tweede plaas as jy Gydo uit is. So dertig kilometer aan kom jy by die dorpie Op-die-Berg. Die Koue Bokkeveld is regte du Toit wêreld en is ok die wêreld van die van der Merwes van Boplaas, e.a. Om sake nou verder te kompliseer onderskei die "Kou-Bokvellers" nou ook nog in die streke Holland en Skotland (n.a.v die voorkoms van die omgewing), maar dit is byna onmoontlik om grense te trek, want soveel sinne soveel grille en elke boer sal vir jou anders verduidelik). Die Koue Bokkeveld lê egter ten ooste van die Skurweberge, maar wes van die Ceres-Karoo

Koup-karoo - Suid van die Nuweveldberge

Land van Waveren - Omgewing rondom Tulbagh en Wolseley

Langkloof - Streek by Humansdorp

Laeveld -

Moordenaarskaroo - Noord van Matjiesfontein. (dit is 'n wyk (Afdelingsraad/kerk) van Laingsburg en word rofweg begrens deur die wyke Koup, Roggeveld en die Adelingsraadsgrens Laingsburg/Merweville) op die plaas Rietfontein, wat die buurplaas is van Koornplaats, waar 'n plaasposkantoor, winkel en kerkie was. Ek twyfel of die geriewe nog bestaan, wat dit is ook soos Laingsburg op die oewer van die Buffelsrivier geleë, en het totaal weg gespoel met 1981 se vloed

Namaqwaland - Ongeveer vanaf van Rhynsdorp tot teen die Oranjerivier

Niemandsland - Die gebied het gestrek van die Stormsbergspruit in die weste in die omgewing van die huidige Burgersdorp, tot by die Oranjerivier in die Noorde, al langs die Witteberge naby Lady Grey en die Kraairivier tot by die Stormberge in die suide. In 1847 is die gebied onder die Kaapkolonie se beheer geplaas ( Bron: Tussen die berge, die geskiedenis van 'n landstreek ensy mense deur Dr Eben Greyling, Algemene Sondagskoolsekretaris van die N.G.Kerk, 1934 -1966)

Nokland - Noord Oos Kaapland

Mapochsgronde - ook bekend asMapogseland, Makoppaland, Mapoggerland: Noord van Middelburg, Transvaal, ongeveer 42 000 morge groot. verdeel in drie dele, nl. Hoëveld, Middelveld en semi-Bosveld.Op die oostelike grens is 'n berg wat loop van suid na noord en Mapogseberg genoem word. Die oostelike grens van Mapogseland is teen die oostelike hang van die berg, sodat omtrent die hele berg in Mapogseland val. Hierdie berg loop ewewydig met die Steenkampsberge. In die Suidoostelike hoek is 'n stuk grond, omtrent so groot soos 'n plaas, wat eers bekend was as Palmietfontein, maar na die Mapochse Oorlog word dit Tonteldoos. Die berg en Tonteldoos maak die Hoëveld van die gebied uit. Wes van die berg is dit laer en warmer, en as hierdie deel in twee verdeel sou word, word die suidelike deel die Middelveld genoem, en die noordelike deel die oorgang van middelveld na Bosveld. Die hele Mapogseland word verdeel in sewe dele, nl Tonteldoos, Die Berg, Modderspruit, Broederstroom, Swartspruit, Vlaklaagte of Malan-se-loop en Makwani. Die stamhoof was eers Mapog, en later sy seun Njabel. Na Mapog se Oorlog is die grond onder die burgers verdeel. (Inligting uit Mapogseland - Die lief en leed van pioniers deur A J Willemse nagesien deur Hentie Joubert) 

Middelveld -

Midde Roggeveld -Die omgewing van Sutherland

Nieuweveld - Die Nuweveld is 'n streek wat noord van Beaufort-Wes in die Kaapprovinsie - noord van die Nuweveldberge en suid van Loxton - geleë is. Dit is die eerste keer teen ongeveer 1760 deur koloniste met hulle vee binnegetrek. Die naam is glo daaraan te danke dat dit vir hulle nuut en anders was as dit waaraan tot op daardie stadium gewoond was. Die Boesmans het hulle egter hier baie hoofbrekens besorg en selfs teen 1780 daarin geslaag om hulle uit die streek te verdryf. Na 1793 was daar feitlik geen boere meer in die gebied oor nie. Die Nuweveldberge is ook na die streek vernoem

Onderveld - Volgens die HAT is dit die Tvl en Vrystaat

Potteberg - is oos van Bredasdorp, suid onder Malgas, naby die onder-Breede Rivier, tussen Port Beaufort/Witsand en De Hoop

Richtersveld - NW-Boesmanland teen die Oranjerivier

Riemland - die gebied in die Vrystaat wat bestaan uit Bethlehem, Senekal, Kroonstad, Koppies, Villiers, Heilbron, Vrede en Memel

Roggeveld - Ook 'n wyk (Afdelingsraad/kerk) van Laingsburg en belaan ook dele Sutherland en Fraserburg. Is gelëe al teen die Komsberge

Roodezand - Vorige naam vir Tulbagh

Rûens - Caledon, Riviersonderend, Bredasdorp area

Ruitjiesveld - Op die Winterberge in die omgewing van Fort Beaufort

Sandveld - Hopefield, Aurora, Redelinghuis en Leipoldville

Slanghoek - Die gedeelte noord-oos van die du Toitskloof-berge, maar wes van die Badsberg

Sneeuberge - Die naam Sneeuberg verwys na die bergreeks net noord, noord-wes en noord-oos van Graaff-Reinet waar die Sondagsrivier sy oorsprong het. Gedurende die jare 1825 - 1836 was die streek o.a. ingedeel in die velkornetwyke Voorsneeuberg (d.w.s. aan Graaff-Reinet se kant van die bergreeks met plase soos Grootehoek, Klippefontein, Letskraal, Welgevonden, Boschkraal, Brakkefontein, Driekoppen, Tygerfontein, Sevenfontein, Hoekfontein ens. ens.) en Agtersneeuberg (aan die noordekant van die bergreeks d.w.s. agter die berge van Graaff-Reniet se kant). Die naam is 'n vertaling van die inheemse woord Noagore en verwys na die sneeukombers wat dikwels tot in November daar lê.

Strandveld - ook bekend as Duineveld. In die Overberg, tussen die ruggens en die see. Van Hermanus, Uilenskraal, Agulhas, Elim, Bredasdorp, Napier, Gansbaai, Die Kelders, Stanford, Soetendals Valleij, Prinskraal. (tuiste van die ou Swart, Uys, en Lourens families; ook Geldenhuys, Taljaard, Wessels, Odendaal)

Swaershoek - Die gebied wat strek vanaf die Grootvlakte naby Somerset-Oos noordwaarts tot by Cradockberg en weswaarts tot by Pearston. Die naam het sy oorsprong te danke aan die feit dat die gebied deur slegs 'n paar families, t.w. Du Plessis, Erasmus, Jordaan en Malan, bewoon was wat onderling familie van mekaar was

Swartland - `n deel van die Weskus tot by Elandsbaai in

Tankwa Karoo - ook bekend as die Ceres Karoo

Tarka - Tributary of the Great Fish River, which it joins 19 km south-east of Cradock. The name is of Khoekhoen origin and probably means 'place of many women'. The Xhosa name of this river is apparently uMncumuba, 'willow-tree

Tambookieland -
Dit sluit in die gebied van Winterberg. Tambookie Vley is naby waar vandag se dorp van Seymour en Eland's Post is. Die woord kom van die Amatembu, wat deel van die Xhosas was.

Trekveld -

Verlorenvlei - strek in `n reguit lyn van omtrent Eendekuil verby Redelinghuys tot by Elandsbaai waar dit in die see uitmond. Hierdie vlei het standhoudende water in teenstelling met die Kaapse vleie wat seisoenaal is. Daar is landerye aan die bank van die vlei en besproeing vind plaas uit die vlei. Daar is blykbaar `n stryd tussen ekoloeë wat die water wil laat verbrak om dit na sy natuurlike staat terug te neem en boere wat die vlei vars wil hou vir besproeing. Huidiglik word die ingang geblok vir seewater.

Victoria-Oos Dit is (was) 'n streek in die Oos-Kaap met Alice as hoofdorp wat deur die Amatolaberge, Tyume-, Groot Vis- en Katrivier afgegrens word. Dit is op 23 Desember 1847 deur sir Harry Smith as deel van die Kaapkolonie geproklameer en was vroeër die sogenaamde Neutrale gebied tussen die Vis- en Keiskamarivier. H. Calderwood is as die eerste siviele kommisaris aangestel. Om die streek as 'n buffer teen teen die inheemse volke te laat dien, is besluit om semi-milltêre dorpies daarin te stig. Dit is na koningin Victoria vernoem

Warm Bokkeveld - Wanneer jy vanaf Ceres na Touwsrivier ry (dws in 'n oostelike rigting, al langs Matroosberg verby, tot by Karoopoort) dan ry jy deur die Warm Bokveld

Wagenmakersvalei - vandag se Wellington

Winterveld - Tussen Victoria Wes en Richmond

Zakrivier - Eertydse Sendingstasie en besproeingsskema noor van Calvinia en suid van Brandvlei

Zakrivier - Suid van Brandvlei (Tussen Calvinia en Kenhardt). Dit is deel van die vleistelsels Grootvloer, Sak, Brandvlei, Swartkolkvloer

Zuurveld - Oos Kaap. Die gebied suid van die Visrivier in die omgewing van Grahamstad

Zwartland - Die vorige naam vir Malmesbury maar dit kan ook verwys na die area Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Koringberg ens.

Zwartruggens - Suid van Camdebo, daar is ook 'n Zwartuggens naby die Koue Bokkeveld

Agter Sneeberg/Sneeuberg

New Scotland

SKAKELS

http://www.demarcation.co.za/newnamesExcel.asp
http://www.eboeke.com/publikasies/Kort%20Prosa-frans/plekname.htm
http://sagns.dac.gov.za "South African Geographical Names System" for maps
Landmeter Generaal - soek vir plase http://oas.dla.gov.za/webapps/esio/searchproperty.jsp
Official South African Geographical Names System http://sagns.dac.gov.za
Excellent ABO map http://www.hagsoc.org.au/sagraves/maps/times_map.php

PrintEmail