The Land

Written by Elize Hough on .

Namakwaland

VELDKORNET AFDELINGS (ek vermoed hierdie dokument dateer uit ongeveer 1940-50 maar kan dit ongelukkig nie bevestig nie): Port Nolloth, Steinkopf, Pella, Springbok, Komaggas, Onder-Kamiesberg, Hardeveld, Kamiesberg.

GRENSE VAN NAMAKWALAND: Wes - Atlantiese Oseaan Noord: Oranjerivier Oos: Tussen Pella en Pofadder Suid: Tussen Garies en Bitterfontein. Namakwaland is 47 962 vierkante kilometer groot. As 'n vergelyking: een derde die grootte van Engeland en helfte so groot as Nederland.

TOPOGRAFIESE STREKE:

Sandveld - 'n Sandstrook ongeveer 25 - 40 km wyd wat al langs die kus voorkom.

Hardeveld - 'n Noord -suid strook 50 - 60 km wye bergagtige gebied (wat die Kamiesberge insluit) met hier en daar 'n sanderige gedeelte.

Voor -Boesmanland of Klein Boesmanland - Sandvlaktes oos van die Hardeveld.

DORP- EN PLEKNAME:
Alexanderbaai voorheen Homewood Harbour voorheen Peacock Bay voorheen Cape Voltas. Port Nolloth voorheen Robbe Bay. Kleinzee, Grootmis, Koiingnaas Hondeklipbaai, Wallekraal, Rooiwallebaai voorheen Roodewalbaai. Groenrivier voorheen Groendoornrivier. Bowesdorp verskuif na Kamieskroon. Garies voorheen Genisdorp. Springbok voorheen Springbokfontein. Komaggas, Steinkopf, Aggenys, Pella, Leliefontein, Vioolsdrift,

Die Groot Namakwaland was die destyds onbekende gebied noord van die Oranjerivier nou Namibiƫ.


Additonal data:

Namaqualand Trekboer Farms pre-1800.

Pages 229 & 230.

nama 1800