Surnames V to Z

VERMOOTEN Izaäk Hendrik

Izaäk Hendrik VERMOOTEN *25 April 1857 in Overschie, Zuid-Holland †11 Junie 1917 (longontsteking) en in Potchefstroom begrawe x 2 Junie 1881 Jacoba 't HART *17 Augustus 1860 in Pernis †4 Junie 1927 in Potchefstroom (na 'n asma aanval) d.v. Simon 't HART en Maria VAN VLIET.
Hy het in Vlaardingen 'n hardeware winkel besit maar het in 1883 saam met sy vrou Jacoba, sy eenjarige seun Henkie, sy skoonouers, en hulle ander drie kinders (twee seuns en 'n dogter) besluit om na Suid-Afrika te kom. Hulle het op 25 Maart 1883 op die skip "Maasstroom" (Kaptein J.van Vliet) vanaf Rotterdam vertrek, verby Pernis, Vlaardingen en Maassluis na Blackwell. Vandaar is hulle op die "Garth Castle" van die Donald Currie Maatskappy (Kaptein R. Duncan) via Dover, Dartmouth en Madeira na Kaapstad, waar hulle op 19 April 1883 aangekom het. Daar vandaan is hulle op die stoomskip "Melrose" verder en kom op 24 April in Port-Natal (Durban se hawe) aan. Na hulle in D'Urban (Durban) oornag het is hulle met twee ossewaens verder. Oor Pietermaritzburg, Howick, Estcourt en Heidelberg na Colenso. Toe is hulle in 'n kwaai donderstorm oor die Drakensberge na Harrismith, verder oor Heilbron, Parys en Vredefort na hulle eindbestemming Potchefstroom. Hier het hulle uiteindelik op 19 Junie 1883 aangekom. Izaäk en Jacoba het 6 seuns en drie dogters gehad kinders gehad.
Izaäk en sy vrou het hulle uiteindelik op Buffelshoek (halfpad tussen Potchefstroom en Parys) gevestig en daar het hy 'n winkel ge-open. Hy het met transportwaens voorraad na Johannesburg vervoer en ook daar goedere aangekoop.
Met die uitbreek van die oorlog het hy sy vrou en kinders na Mayfair, in Johannesburg gestuur. Hy het toe al S.A. Burgerskap gehad en het hom by Piet Cronjé gevoeg. Hy is by Paardeberg gevang en as krygsgevangene vir drie jaar na St Helena gestuur. Na die oorlog het hy en sy familie hulle in Potchefstroom gevestig. Hy het 'n begrafnisonderneming-saak gekoop en dit op 1 Junie, 1905 onder die naam "I.H. Vermooten en Zoonen" gevestig. Hulle het ses seuns en drie dogters gehad.

KINDERS:-

b1 Izaäk Hendrik VERMOOTEN (Henkie) *14 Februarie 1882 in Vlaardingen, Zuid-Holland †3 Julie 1951 in Potchef- stroom (aan 'n longkwaal) en is daar begrawe x Anna Catharina VAN DER WALT *12 Desember 1882 †7 Julie 1969, d.v. Tjaard Nicolaas VAN DER WALT en Adriana Maria Hendrina VENTER (d.v. Petrus Albertus VENTER en Lasya Johanna Jacoba SNYMAN.) Hulle het nege seuns en drie dogters gehad.

b2 Maria (Mariet) *18 November 1883 †4 Julie 1976 x Duncan Allerwishes ROBERTSON *Augustus 1888 † 24 April 1961. Hulle het twee seuns en een dogter gehad.

b3 Cornelia *24 Oktober 1886 †15 Maart 1926 x Jacob Stephanus VISAGE *Desember 1885 †April 1961. Hulle het drie seuns en een dogter gehad.

b4 Simon *25 Junie 1887 gedoop 21 Augustus 1887 †25 Augustus 1965 x 27 Mei 1915 (in Nederland) Heyltje Cornelia BROEKHUIZEN *11 April 1889, van Nieuwerkerk-aan-de-Ijssel, Nederland †3 Junie 1959. Hulle het vier seuns en een dogter gehad.

b5 Pieter Gerhardus *3 September 1889 †9 Mei 1966 x Frederica Christiana Ferdinante (Nanda) RÖTH †11 November 1977. Hulle het een seun en vier dogters gehad.

b6 Bastiaan Jacobus *2 Mei 1891 †19 Junie 1957 x Petronella Susanna PRINSLOO. *24 Augustus 1896 †10 Oktober 1978. Hulle het twee seuns en twee dogters gehad.

b7 Jacoba Petronella *4/6 September 1893 †29 Augustus 1965 x Benjamin Charles Frank JOYCE *ongeveer September 1887 †4 November 1933. Hulle het twee seuns en een dogter gehad.

b8 Adrianus *31 Mei 1895 †3 Julie 1968 x Johanna Hendrika (Anna) KLAZINGA *17 Junie 1899 †29 Januarie 1972. Hulle het twee seuns gehad.

b9 Jacob Marinus *6 September 1898 †14 Mei 1957 x 29 September 1925 Aletta Gezina (Lettie) BADENHORST *11 Junie 1906 †6 Desember 1948. Hulle het twee seuns en een dogter gehad.

BRONNE:

1. "REISBESCHRIJVING: Dagelijksche Aanteekeninge van de Familien S. 't HART en I.H. VERMOOTEN deur lg. twee opgeteken en deur J. K. OVERBEEKE, Brielle in 1884 gedruk.

2. "Wat van die agt geword het" saamgestel deur Cornelia (Nen) ROBBERTSE b1[c9] ('n Kleindogter van Izaäk Hendrik VERMOOTEN en sy vrou Jacoba, gebore 't HART).

3. Verjaarsdagboekie van Louisa Susanna 't HART (MAHER), die skoondogter van Bastiaan Hans 't HART, 'n swaer van Izaäk Hendrik VERMOOTEN.

4. Notas en oorvertellinge van Catharina Johanna VAN DER MERWE, voorheen DOOGE, gebore MAHER. (Die suster van Louisa Susanna 't HART (MAHER).

5. Inligting van Christo VERMOOTEN (b1c1d4) wat hy o.a. van Hannie FAASEN uit Nederland en van familie gekry het.

Nagevors en saamgestel deur:

Louie Mostert.

 

Print Email