Surnames V to Z

ZULCH Johann Wilhelm

Johan(n) Wilhelm ZULCH, van Baumbach in Hesse-Kassel (Duitsland). Kom in 1764 na die Kaap as soldaat; “rapportganger”; 1769-73 waarnemende landdros van Swellendam. In 1783 het hy weens swak gesondheid bedank en aansoek gedoen om burgerskap. Oorlede op 18.11.1805. Trou 6.8.1780 met Johanna Christina VOGEL, dogter van Johann Christian Vogel (12 kinders).

KINDERS:
b1 Christoffel Wilhelm (1781).
b2 Martha Elisabeth (1782), getroud met Tobias WIESE.
b3 Maria Martha (1784).
b4 Johan Christiaan (1785).
b5 Johan Christiaan (1787), getroud met Francina Wilhelmina VAN DER MERWE; 4 kinders.
b6 Regina Isabella (1789).
b7 Carolina Cornelia (1791).
b8 Johan Wilhelm (1793).
b9 Anna Catharina (1794), getroud met Rijk MEIRING.
b10 Johannes Bernhard (1797).
b11 Johanna Wilhelmina (1798).
b12 Maria Martha (1801).


VERWYSINGS
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
J.H Redelinghuys: Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA (1955)

Saamgestel deur:
Pieter Conradie This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

 



 

PrintEmail