Surnames V to Z

YSELLE Johann Christiaan

Johan(n) Christia(a)n YSELLE (YSELLI, ISEL, IZEL, YSSEL), van Hasle of Hasli in die kanton Bern (Switserland), gebore 1733, oorlede 18.5.1807. Kom in 1753 hier aan op die De Vischvleit. Kleremaker. Trou 26.9.1762 met Johanna Dorothea VAN DAALEN, gedoop 18.11.1742. Volgens Hoge p 482 was sy die buitegtelike kind van Jan Gustavus Daale en Johanna Franken; hertrou 31.3.1782 met Anna Albertina BIENVIGNON, van Morges in die kanton Waadt (Switserland), dogter van Jean Baptiste BIENVIGNON en Luisa DUMONT. Die stamvader het sy van as beide Yselle of Yselli geteken. Sy nageslag in Suid-Afrika het ondermeer ISEL, IZEL en YSSEL gebruik. Die stamvader het 9 kinders uit sy 1ste huwelik en 3 uit die 2de huwelik.

KINDERS:
b1 Johan Christiaan gedoop 1.4.1764
b2 August Erns gedoop 30.6.1765
b3 Godlieb Fredericus gedoop 25.10.1767
b4 Gabriel Ernst gedoop 18.2.1770, burger te Graaff-Reinet, x 28.11.1802 Clara Isabella POTGIETER
b5 Johanna Maria gedoop 19.4.1772
b6 Johanna Magdalena gedoop 15.4.1773; sy is waarskynlik klein dood, want die volgende kind (b7) het dieselfde name (samesteller se opmerking)
b7 Johanna Magdalena gedoop 4.6.1775
b8 Christiaan gedoop 4 Mei 1777
b9 Petrus Albertus gedoop 7 Maart 1779, burger te Graaff-Reinet, x 16.9.1798 Hester VENTER
b10 Maria Louisa gedoop 13.4.1783, x Willem STURT van Dorsetshire
b11 Elizabeth Cornelia gedoop 22.10.1786 x Johannes WYDEMAN
b12 Jacob Lodewyk gedoop 2.11.1788

VERWYSINGS:
C.J.YSSEL : GEDENKBOEK Eeufeesviering YSSEL-familie van Elandskuil 1851-1951
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
Iseli-Familie Wêreldwye Webruimte by
http://www.iseli.org/za/

Saamgestel deur:
Pieter Conradie This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.





 

PrintEmail