Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

WOLHUTER George Christoffel

George Christoffel WOLHUTER, gebore ongeveer 1737, afkomstig van Basel (Switserland). Kom as soldaat in 1773 met die skip Het Loo na die Kaap. Word burger in Desember 1776; Sit sy ambag as horlosiemaker voort. Wohlhuter was ‘n onderoffisier in die Burgermag. In 1781 het hy die klagskrif van die burgers teen goewerneur Van Plettenberg en sy beamptes onderteken. Hy is op 10 Oktober 1802 in die ouderdom van vyf-en-sestig jaar oorlede. Trou op 5.3.1775 met Rebekka Wilhelmina HARTOG. (Sy was 'n afstammeling van Paulus Hartog en Petronella Philips (Petronella was die dogter van Philip van Bouton en Susanna van Boegies, albei vrygestelde slawe).

b1 Johannes Christoffel (1776), getroud 20.11.1796 met Elisabeth PALING, die weduwee van Willem Frederik Ernst WILMAN; 1 seun.
b2 Georg Hendrik (1777), getroud 23.3.1800 met Johanna Barbara PENTZ; 1 dogter.
b3 Carolina Petronelia, getroud met Lodewijk Wilhelm SMIT; hertroud met Jan Lodewijk PIETERSE.
b4 Christoffel Paulus, getroud 1806 met Johanna Joredina CARSTENS; 3 kinders.
b5 Johannes Jacobus, getroud met Johanna Elisabeth ABRAHAMSE; 1 dogter.
b6 Simon Petrus, getroud met Cornelia Magdalena ELSER; 1 seun.
b7 Petrus (1786).
b8 Jurgen Wilhelm (1789).
b9 Andreas Jacobus (1791).
b10 Georg Egbertus (1792).
b11 Rebecca Wilhelmina (1794).
b12 Johan Frederik (1798).

VERWYSINGS:
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
J.H Redelinghuys: Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA (1955)

Saamgestel deur:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

 

 

 

 

  • Hits: 13809

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy