Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

WITTEBOL Johan

Johan WITTEBOL was van Amsterdam. Hy land aan die Kaap in 1669 op die skip Gecroonde Vrede. Hy werk aan die Kaap as "n landmeter.

Hy het "n verhouding met die slaafin Sara VAN SOLOOR. "n Kind uit hierdie verhouding word gedoop met die naam Henrietta (Henrittje) 29 Oktober 1673 (Henrietta trou twee keer: Johann Claus Moller, en met WL Wiederholt). Sara van Soloor trou later met Claas Gerritsz van Bengale.

Johan Wittebol trou met Maria van RUIJVEN / REUVEN van Delft 16 September 1674.

Hulle het een kind:
Johan

Wittebol dien op die Politieke Raad van 1678 totdat hy sterwe in 1681. Hy was toe ook die president van die Weeskamer.

Daar was twee ander Wittebolle aan die Kaap.

Bronne:
Willem Kempen se webblad http://www.kempen.id.au/main.htm (Bevat inligting van Mansell Upham)
K Schoeman, Armosyn van die Kaap, p 656



 

  • Hits: 10652

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy