Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

WILLEMSE Gerrit

Gerrit WILLEMS het in 1690 na die Kaap gekom in die tyd toe Simon van der Stel goewerneur was. Dit is 3-jaar na die aankoms van die Franse Huggenote in 1688. In 1685 het die direkteure van die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie, aan wie die Kaap toe behoort het, besluit om hulle landbou produksie in die Kaap te privatiseer en aan die vryburgers oor te laat. Ingevolge hierdie besluit het hulle 'n gratis skeepsreis en 'n stuk grond aan Europeërs toegeken wat na die Kaap wou immigreer. Dit het die 260 Europeërs, wat Jan van Riebeeck in die Kaap agter gelaat het en die 156 Huggenote wat in 1688 aangekom het, se getalle vinnig laat vermeerder. Op daardie stadium was die Huggenote en die Duitsers aan die Kaap meer as die Hollanders, desnieteenstaande het goewerneur Simon van der Stel Hollands as die amptelike taal behou. Hierdie Kapenaars het hulle vir die eerste keer as Afrikaners begin beskou en hulself onderskei van die Europeërs wat in diens van die Hollands Oos-Indiese-Kompanjie was.

Gerrit Willems was heel waarskynlik een van hierdie vroeë landbouers wat ingevolge die gratis skeepsreis en stuk grond na Suid-Afrika gekom het. (Grond wat hulle toegeken het was spesifiek in die Stellenbosch omgewing.) Hierdie Vryburgers óf Afrikaners óf Boere, soos hulle hulle reeds in Hollands self genoem het, was gou ontevrede met die streng beheermaatreëls van die Kaapse Regering m.b.t. hulle landbouproduksie en aktiwiteite. Reeds hier het die Afrikaners se stryd om vryheid en selfbeskikking begin. Gou het hulle, ondanks alle wette om hulle te verhinder, begin om ooswaarts te trek en in regeringskringe as trekboere bekend gestaan. Teen 1750 was daar reeds ongeveer 1000 van hierdie trekboere in die distrikte Swellendam, Graaff-Reinet en Uitenhage. Van hierdie trekboere in die distrikte Swellendam en Graaff-Reinet skryf die Kaapse Regering aan die einde van die 1700's die volgende:

'Die boere in die grens distrikte het a.g.v. die afgesonderdheid vanaf die Kaap en die eentonige lewe van veeboere, asook die gebrek aan interaksie met beskaafde individue, afvallig begin raak van die Kaapse Regering. Hulle het hulleself nie ondergeskik aan die wette van die Kaapse Regering beskou nie en was oorgelaat aan hulle eie inisiatief. Hulle het aangepas deur dinge in hulle eie hande te neem. Hulle het hulle eie paaie en skole gebou en hulle self beskerm teen aanvalle van die inboorlinge wanneer die regering nie aan hulle probleme aandag kon gee nie.'

Ons stamvader was ene GERRIT WILLEMS, van Leeuwarden, in Friesland, Noord-Nederland. Sy beroep word aangegee as Kalkbrander en Veeboer. As jong man in sy 20tiger jare, verlaat hy sy familie in Nederland en vertrek met 'n skip na die suidpunt van Afrika. In 1690 arriveer hy aan die Kaap en trou op 09 April 1691, in Kaapstad, met Maria CORNELISSE (sy word Maria van Bengale genoem in die lys van vryburgers van 1695). (Volgens inligting was Maria van Bengale 'n slavin van Jan van Riebeeck.) Haar ouers word gegee in (M Upham, "Claas van Malabar" in N Claassen, & GH Claassen, Die Claas(s)en afstammelinge in Suid-Afrika, Centurion, Outeurs, 2001) as Cornelis Claasen en Catharina van Malabar. Look also under Niewoudt for Maria.

Gerrit Willems gaan in 1716 'n tweede huwelik aan met Johanna (genoem Anna) van WYK, sy was gedoop: 13 Junie 1688, dogter van Willem van Wyk en Catharina Hildebrandt.

GERRIT WILLEMS IN STELLENBOSCH:

Die eerste Vryswartes van Stellenbosch 1670-1720, deur Prof. J.L. Hattingh

CJ 5 Oorspronklike regsrolle en notule, fol. 57. ,Landdros Stellenbosch contra Isaac Pieters. 23 September 1713

'n Ander vryswart, ISAAC PIETERSZ, was in 1713 aangekla van "diverse quaataardigheeden en . . . het steelen van wijn". Dit is eintlik eersgenoemde klag wat in die geval ons aandag verg.

Tydens die hofsaak is daar ook heelwat gesinspeel op Isaac Pietersz se opvoeding en karaktertrekke. So is daar genoem dat hy as kind, "sijnde een swart jongh", deur die vrou van die burger Matthjis Diedriks aangeneem, opgepas en opgevoed is. Vir nege jaar sou sy probeer om hom goeie deugde aan te leer, maar hy het hulle huishouding verlaat om te "vagebondeeren". Toe reeds was hy, volgens Diedriks, ongehoorsaam en kon hy "met reg 'n deugniet" genoem word.

Vir 'n tydlank het Isaac Pietersz sy intrek by GERRIT WILLEMSZ van Leeuwarden geneem. Die laaste vier jaar daarvan, het laasgenoemde getuig, het Isaac Pietersz hom in sy eie huis "aangesteld als meester en voogt, 't geen . . . hem ondragelijk geweest te zijn". Op 'n keer het Pietersz hom selfs aan die hare uit sy eie huis gesleep en toe sy vrou oorgeneem, met wie hy in elk geval "seer groote familiaritijt" gehad het. Uit hierdie verhouding is toe "twee onegte Bruijne kinderen" gebore. As gevolg van hierdie uitsmytery moes Gerrit Willemsz van Leeuwaarden sedertdien rondswerf om sy lewensonderhoud by ander koloniste te gaan soek.

Ook Andries Voormeester, 'n man van hoë ouderdom, het verklaar hoe Isaac Pietersz hom eenkeer gegryp en in die vuur gegooi het, net omdat hy nie wyn aan hom wou gee nie. ... Dit was eers nadat hy wyn by die landbouer Richardus Adolphus probeer steel het, dat hulle hom onder die bed van die vrou van Gerrit Willemsz van Leeuwaarden gevind het."

In die daaropvolgende ondervraging deur landdros Nicolaas van der Heuvel het Pietersz te kenne gegee dat hy reeds 29 jaar oud was en dat hy as kind vrygestel is by die afsterwe van Leendert van Gijselen. ... Willemsz se vrou, by wie Isaac twee "bruin" kinders gehad het, was dus nie ook swart nie.

KINDERS:

Uit Gerrit se eerste huwelik met Maria Cornelisse word 10 kinders gebore en almal in Stellenbosch gedoop.

KINDERS UIT HUWELIK:
b1 Rentien (doop 25 Januarie 1694)
b2 Arien (doop 20 Januarie 1696, te Stellenbosch)
b3 Antje (Anna in die Afrikaanse Geskiedenis boeke!), doop 22 Augustus 1700, te Stellenbosch - tweeling Inskrywing, X 17 Jul 1718 Harmen Franke, XX 4 Mei 1720 Robbert Robberts Brand, XXX 3 Mei 1739 Ernest Wepener
b4 Maria doop 22 Augustus 1700, te Stellenbosch - tweeling, X Elias Goosen
b5 Andries, doop 12 Augustus 1703, te Stellenbosch
b6 Willem doop 16 Januarie 1707, jonk oorlede
b7 Willem, doop 10 November 1709, te Stellenbosch
b8 Mattheus (of Matthus), doop 14 Junie 1711, te Stellenbosch, X 13 Feb 1735 Johanna van Wielligh
b9 Geertruy, doop 25 November 1712, te Stellenbosch, X Jacobus de Jager
b10 Luitje, X 01 Sep 1715 met Pieter Kemp, XX Jan Dirk Jansen

Op 14 Junie 1711, doop hulle hul seun MATTHEUS WILLEMSE. (Mattheus het sy oorsprong in Hebreeus beteken 'geskenk van God')

Mattheus Willemse trou op 13 Februarie 1735, met JOHANNA VAN WIELLIGH, gedoop 03 Mei 1716, dogter van Nicolaus von Wielligh en Elisabeth van Wyk. Nicolaus von Wielligh is afkomstig van Hamburg in Duitsland, het as soldaat na Suid-Afrika gekom en later 'n burger geword. Sy dogter Johanna was die vyfde kind van nege.

Mattheus was 24- en Johanna 19-jaar oud toe hulle in 1735 in Stellenbosch getroud is. Hulle moes nog in die Kaapstad/Stellenbosch omgewing gewoon het, want in daardie stadium was dit die enigste twee dorpe wat bestaan het. Uit hierdie huwelik word 14 kinders gebore, waaronder 6 seuns, waaruit die grootste Willemse-nageslag in Suid-Afrika van vandag gebore word.

KINDERS UIT HUWELIK MET JOHANNA VAN WYK
b11 Susanna X 01 Okt 1741 met Johann Dietrich Burg

Aangehaal uit "Slaves and Free Blacks at the Cape 1658-1700" (A.J. Böeseken) (bl. 20)

Another case which came before the Council of Justice was that in which the slave Mary from Bengal was involved. She belonged to Jan van Riebeeck and, like many of the other slaves, she lived in the Fort. All the members of the settlement at the Cape lived in the Fort with the exception of the chief gardener and his slaves. Van Riebeeck must have noticed that Willem Cornelis, a constable whose room was near the magazine where the gunpowder was stored, was often seen in the company of Mary, for on Sunday night, the 22nd of August 1660 van Riebeeck, and three witnesses, surprised Mary and Willem Cornelis in each other's arms between 10 and 11 at night. The next day the witnesses, the surveyor Pieter Potter, the sergeant, Jan Danckaert, and a mason, Francois de Coninck, testified before the members of the Council that they had found Mary and Willem Cornelis in bed together and that van Riebeeck had sent the slave back to her room and had taken Willem Cornelis into custody and was now lodging this complaint against him. As Cornelis had broken the rules of the artikelbrief and transgressed the Statutes of India, the fiscal demanded a fine of 100 reals and imposed a sentence of 50 years "ad opus publicum". This sentence was commuted to a fine of 50 reals and dismissal from his post as constable.

Charlie Els maak die volgende opmerkings met betrekking tot hierdie laaste paragraaf:
Is die Maria van Bengale met wie Willem Cornelis die verhouding gehad het in 1660, ooit dieselfde persoon as die
Maria met wie stamvader Gerrit Willemse later getroud was? Ek het dit dat Gerrit se vrou Maria (Magteld) Cornelisse van Bengale gedoop was op 23 Oktober 1678. Sy kon skaars 18 jaar voor haar doop 'n verhouding met 'n man gehad het. Iets lyk fout hier.

Bronne:
A.J. Boëseken, Slaves and Free Blacks at the Cape

J.L. Hattingh, Die eerste Vryswartes van Stellenbosch 1670-1720,

M Upham, "Claas van Malabar" in N Claassen, & GH Claassen, Die Claas(s)en afstammelinge in Suid-Afrika, Centurion, Outeurs, 2001.

Navorsing te danke aan:
Sylke Willemse sylke2oz@bigpond.com

Bydrae te danke aan:
AM van Rensburg
Charlie Els


Some comments on the above article
Richard Ball, November 2014 

Gerrit Willems gaan in 1716 'n tweede huwelik aan met Johanna (genoem Anna) van WYK, sy was gedoop: 13 Junie 1688, dogter van Willem van Wyk en Catharina Hildebrandt.

Anna van Wyk was, in fact, the daughter of Willem van Wyk and his second wife, Trijntje Harmens. There is no marriage between Gerrit Willems and Anna van Wyk recorded but the baptism of her first child gives Gerrit Willemsz named as the father.

Church Registers - Cape Town Congregation
(original in the Nederduits Gereformeerde Kerk Argiewe, Stellenbosch)
baptisms, page 9
1717, 2 Maij
Gerrit
Gerrit Willemsz en Anna van Wyk
Arij van Wyk en Trijntje Harmensz

 See: http://www.ballfamilyrecords.co.uk/kfp/I303.html


Some comments on Maria Cornelisse and the children of Gerrit Willemsz
Darius Willemse, October 2013

 Verskille met De Villiers / Pama en ander bronne bewyse vir enige regstellings:

KAB VC = Verbatim kopieë van die vroegste Kaapse doop- en huweliksrekords, Kaapse Argiefbewaarplek
GISA = Mikrofiche- en mikrofilmrekords, Genealogiese Instituut van Suid-Afrika, Stellenbosch
KAB = Kaapse Argiefbewaarplek

1.) Maria Cornelisse is gedoop op 27 Oktober 1678, nie 23 Oktober nie.

KAB VC603 bl 23

(KAB VC603 Bl. 23.)

2.) Die troue tussen Gerrit Willems en Maria Cornelisse het in Stellenbosch plaasgevind, soos duidelik uit die huweliksinskrywing gesien kan word.

KAB VC603 Bl. 87

(KAB VC603 Bl. 87.)

Dit lees: "Den 9 Dito (April) Sijn in den Huijwelijken Staadt aen Stellenbosch vereenigt Gerrit Willimz Leeuwaerden jonghman. met Maghtelt Cornelissen van de Caep de Goede Hoop jonge Dogher."

(3): Redes waarom ek oortuig is dat Maria Cornelisse die dogter van Catharina van Malabar en Cornelis Claasen is:

a. By Leutien se doop is haar swaer Hendrick Jansz (ook Heinrich Jansen Heyder) en sy vrou, dus Aaltje of Alida Cornelisse, getuies.
(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 7.)

b. By Arien se doop is haar swaer Pieter Gerritse Boshouwer (wat met haar suster Adriaentje Claassen of Arriaanje van Cathryn getroud was) 'n getuie.
(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 12.)

c. By Anna se doop is nog 'n Cornelisse, Leetje, 'n getuie.
(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 20.)

d. By Andries se doop is Andries Voermeester (Maria se ma Catharina van Malabar se nuwe man al sedert 31 Julie 1688, dus die enigste skoonpa wat Gerrit geken het, wat ook kan verduidelik hoekom 'n kind na hom vernoem is) 'n getuie, sowel as Elsje Speldenbergh, die buite egtelike kind van Adriaentje Claassen (sien nr. 2), Maria se suster, en Hendrik Speldenbergh).
(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 27.)

e. By Willem (A6) se doop is Andries Voermeester en Catrina van Bengale getuies (haar ma en stiefpa).
(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 34)

f. By Mattheus se doop is Cornelis Boshouwer, die kind van Pieter Gerritse Boshouwer en Adriaentje Claassen, Maria se suster (sien nr. 2), 'n getuie saam met 'n Ariaentie Gerritse, wat sekerlik dieselfde Adriaentje is. Dus is dit haar suster en susterskind.
(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 62)

Hier is 'n inskrywing in die opgaafrol wat wys dat haar naam amper dieselfde as die Ariaentie Gerritse in die doopregister gespel is en saam met Pieter Gerritse voorkom:

Opgaafrol KAB. Verwysingsnommer onbekend

(Opgaafrol, KAB. Verwysingsnommer onbekend.)

"Catharina het egter reeds voor haar huwelik met Cornelis 'n kind by Gabriel, 'n vryswarte van Samboua (?), gehad. Hierdie kind het bekend gestaan as Adriana Gabrielse, Arriaantje van Katrijn, Arriaantje van die Kaap of Adriaentje Claassen. Sy is reeds voorheen (Diagramme 9, 10 en 11) bespreek. Cornelis Claassen was dus die stiefvader van Arriaantje van Cathrijn, 'n persoon 'van die Kaap' van 'volle kleur'."

( http://www.jansenfamilie.co.uk/13.htm )

Aan die ander kant, dit kan ook een van haar en Pieter se ander kinders, Adriana, dus Cornelis se suster, wees, maar ek vermoed dis eerder sy self, want die een kind sal tog nie Gerritse en die ander Boshouwer wees nie.

Al die familie wat by amper al hul kinders se dope teenwoordig is, kan tog net daarop wys dat hul almal aan Maria Cornelisse verwant was!

Ek dink verder dat J.A. Heese die stelling gemaak het dat Maria Cornelisse 20 jaar op haar troue was omdat hy haar verwar het met iemand anders, naamlik Maria, dogter van Elisabeth van Bengale. Hier is haar doopinskrywing in 1670:

KAB VC603 Bl. 5

(KAB VC603, Bl. 5)

As sy jonger as omtrent vyf maande tydens haar doop op 14 September was, wat baie moontlik is, sou sy 20 gewees het op 9 April 1691. Verdere bewyse dat J.A. Heese gedink het dat hierdie Maria Gerrit se vrou was, is die feit dat hy haar as NB (m.a.w. honderd persent nie-blank) aangedui het in "Die Herkoms van die Afrikaner", wat Maria Cornelisse natuurlik nie was nie (sy sou ½ NB + ½ N (Nederlands) gewees het). Maria van Bengale, dogter van Elisabeth van Bengale, sou egter NB gewees het, omdat slegs die identiteit van haar ma, 'n nie-blanke, bekend is.

4.) Rentien se geboortedatum is definitief 1694 en nie 1691 nie, die redes vir vorige
misverstande is vermoedelik omdat die 4 baie snaaks geskryf is en amper soos 'n 1 lyk, maar as mens in konteks kyk (dit word voorafgegaan deur inskrywings uit 1693 en die volgende inskrywing is baie duidelik dieselfde dag, 25 Januarie 1694) is dit duidelik dat dit 'n 4 is.

KAB VC632  GISA G2-4-1 Bl. 7

(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 7.)

Alhoewel Rentien ook 'n Friesiese meisiesnaam is (vergelyk http://www.tresoar.nl/mmtresoar/main/ask_sam_simpel.jsp?lang=nl&pagina=tessie&stylesheet=collectie.css ), dink ek die naam moet eintlik Leutien wees, dus niemand anders as Luytje nie. Die hoofvorm van Luytje is Lutske, maar Luytien (amper soos Leutien) is ook 'n ander vorm van die naam. Die derde letter is definitief 'n "u", omdat daar 'n strepie bo dit is, soos dit in die verlede geskryf is (kyk na die persoon se naam wat net na haar gedoop is).

KAB VC632  GISA G2-4-1 Bl. 7-2

(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 7.)

Die eerste letter is na my mening 'n "L", nie 'n "R" nie. En ek is nie die eerste om so te dink nie, vergelyk die volgende:

Stellenbosch Doopregister 1688-1732 Indeks Bladsynommer onbekend KAB

(Stellenbosch Doopregister 1688-1732 Indeks, Bladsynommer onbekend, KAB)

Kyk na http://www.stamboomplein.nl/nl_page_zijderveld_dopen.htm , daar kom 'n Leutien en verskeie Ariens voor. Daar is ook 'n hele paar Gerrit Willemses! Dit wys net hoe algemeen die naam is!

5.) Arien Willemse is 'n seun, nie 'n meisie nie, soos duidelik uit die doopinskrywing gesien kan word ("Zoon van..."). Die getuies is ook totaal en al verskillend van die inligting wat ek gehad het. Hulle is Pieter Gerritse (ook bekend as Pieter Gerritse Boshouwer, sien die doopinskrywing net bo Arien s'n), die man van Ariaantje Cornelisse, een van Maria se susters (vergelyk http://www.stamouers.com/speldenberg.htm en http://www.stamouers.com/boshouwer.htm ) Jette (Henriëtte) Wittebol, die buite-egtelike kind van Sara van Soloor en die VOC landmeter Johan Wittebol (sien http://www.kempen.id.au/gene/Claassens%20Genealogy.htm ).

KAB VC632  GISA G2-4-1 Bl. 12

(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 12.)

(6) Anna Willemse, een van Gerrit Willems en Maria Cornelisse se tweeling, is getroud met Robbert Robberts Brand op 14 April 1720, nie 4 Mei 1720 nie.

KAB VC621 Bl. 9

(KAB VC621, Bl. 9.)

7.) By die tweede Willem (A7) se doop, dink ek die eerste getuie se van is Jerening, nie Groning nie, en die tweede getuie se van is Heins. My redes:

KAB VC632  GISA G2-4-1 Bl. 57

(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 57.)

Die sirkels is ander letters waarvan ons seker is, en die strepies die letters in die getuies se vanne wat net soos die in die sirkels lyk.

Rooi = e
Blou = n
Geel = J
Turkoois = H
Groen = s
Pers = e

Dit lyk eintlik vir my meer na Jeroning, maar ek kon nêrens so 'n van vind op die internet nie, ek kon egter 'n paar Jerenings kry (vergelyk www.copies1918.com/whitee.html en http://search.ancestry.com/cgi-bin/sse.dll?gl=allgs&gst=&rank=1&gsfn=&gsln=jerening&gsby=&gsbco=1&gsbpl=1%2c+&gsdy=&gsdco=1&gsdpl=1%2c+&gsoco=1&gsopl=1%2c+&sbo=0&db=&ti=0&ti.si=0&gss=angs-g&ghc=10&fh=0&bsk=BEJelCQIgAAYUAAAxVQ-61- ). As mens na die name kyk, lyk dit soos 'n Sweedse van, veral aangesien die van Jerning, wat amper dieselfde klink, Sweeds is.

8.) By Geertruy (A9) se doop, glo ek sy is nie Gerrit Willemse se kind nie, aangesien daar baie duidelik staan "d' Vader niet genaemt". Kyk na die volgende en vergelyk veral die woord "niet" met dieselfde woord in hakies by die daaropvolgende doopinskrywing ("niet egt" in hakies, natuurlik omdat die kind bruin was) – onderstreep met rooi.

KAB VC632  GISA G2-4-1 Bl. 69

(KAB VC632 & GISA G2-4/1 Bl. 69)

Vergelyk die onderstreepte geel letters met hoe e's geskryf is in die vorige beeld.

Die vreemde afkorting vir 'n maand (omkring in turkoois), lyk vir my na Nov. Dit verskil van Sylke Popp se inligting (Januarie) en ook De Villiers / Pama (Desember). *

As mens dink dat Isaak Pieters glo vir vier jaar by Gerrit-hulle gebly het, en dat hy in September 1713 aangekla is, is dit baie meer as moontlik dat Geertruy een van die twee "onegte bruine kinderen" is wat hy en Maria Cornelisse gehad het.

Darius Willemse
 


* The date encircled in the illustration above reads  Xbr - this stands for December, X = Decem, br = ber
    (Editor)

 

  • Hits: 20139

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy