Surnames V to Z

Written by Pieter Conradie on . Posted in V - Z.

WEPENER Joachim Ernst

Joachim Ernst WEPENER het gekom van Anklam in Pommere (Duitsland). Kom in 1730 hier aan. Hy was eers 'n groot wildsjagter van 1730 - 1735. Hy het 'n lisensie gehad vir wyn en brandewyn in Rondebosch tot 1746. Hy het die plaas Molenvliet aan die Liesbeek (Mowbray) besit. In 1743 was hy een van die ondertekenaars van ‘n petisie van die Lutherse gemeente.

Hy trou die 3 Mei 1739 met Anna WILLEMSE, gedoop 22.8.1700, sy was die dogter van Gerrit Willemsen en Maria van Cornelisse (dogter van Cornelis Claasen en Catrijn van Malabar). Sy was voorheen getroud met Harmen Franke en ook met Robbert Robberts Brand.

KINDERS
Anna Susanna 21 Nov 1734, X Johann Wilhelm Wilken
Ernst Frederik 10 Mei 1739, X 1.5.1763 met Aletta Catharina FERREYN.

Anna het gesterwe in 1754. Na haar dood het Joachim Wepener 8 buitegtelike kinders gehad met sy slavin Regina VAN DE KAAP:
Johan
Martha, X Christiaan Gottlieb John
Christiaan
Francina
Jacob
Louisa, X Johann Conrad Beeme
Pieter, X 30 Des 1798 Cecilia Wilhelmina Jacobs
Jacoba, X Georg Heinrich Behr

Wepener het in sy Testament opgeskrywe dat Regina en die kinders moes na sy dood vrygelaat word.

Regina en die kinders Johan, Martha, Francina was saam gedoop 2 Junie 1776 (onder bejaarde gedooptes). Die ander kinders Christiaan, Jacob, Pieter, Louisa en Jacoba was gedoop 9 Junie 1776.

Wepener sterwe die 3 Januarie 1775.

Bronne:
J Hoge, Personalia of the Germans at the Cape
M Upham, "Claas van Malabar" in N Claassen, & GH Claassen, Die Claas(s)en afstammelinge in Suid-Afrika, Centurion, Outeurs, 2001.
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
J.H Redelinghuys “Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955)

Saamgestel deur:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com
AM van Rensburg