Surnames V to Z

Written by Stamouers on . Posted in V - Z.

WEEBER Johann Heinrich

Johann Heinrich (Jan Hendrik) WEEBER (WEBER), afkomstig van Honnef, Duitsland, seun van Franz Weber en Gertrud Hillegers, het in 1765 as matroos met die Ouder Amstel na Indië gevaar. Op die terugreis in die volgende jaar, het hy in Tafelbaai aan wal gestap en besluit om in die Kaap te bly. Van 1767 tot 1770 was hy by die fort as arbeider and boukneg werksaam en na nog vyf jaar diens as boerkneg, het hy in 1775 burger geword. Op 20 Augustus 1775 het hy in die huwelik getree met Dorothea COMBART (Couvret), en na haar oorlyde is hy op 26 April 1778 vir die tweede keer getroud met Maria Dorothea LUTTIG. Johann Heinrich Weber is in 1808 oorlede.

KINDERS:
b1 Jacoba Wilhelmina (1777).
b2 Francois Johannes (1779), burger te Stellenbosch en getroud 28.9.1800 met Maria Margaretha VAN AARDE; 1 seun.

Verwysings:
J.H Redelinghuys