Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VORSTER Jan

Aankoms en herkoms

Jan VORSTER (Hans Förster) het as ‘n matroos op die skip Velsenhoofdt op 18 November 1716 uit die Nederlandse hawe Texel na die Kaap die Goeie Hoop vertrek, waar hy op 17 Jan 1717 aangekom het. Jan van der Heyden was die hoof offisier, Nicolaas van Langeveldt was tweede in bevel en Adrianus van Hoorne was as kanonnier op die Velsenhoofdt. Mouritz Pasques (1714-1724) was destyds goewerneur aan die Kaap. Op die huurleen ooreenkoms wat ds. Petrus van Aken van die Paarl-Drakensteingemeente met die goewerneur om Jan as boukneg te huurleen aangegaan het, het hy sy naam as Hans Förster van Bern onderteken. Hier aan die Kaap het sy naam die Hollandse vorm van Jan Vorster aangeneem.

Dit is nie bekend nie wanneer Jan uit Bern (Switserland) na Nederland vertrek het om hom by die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC), ook bekend as die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie (HOIK), as matroos aan te sluit. Sy doel was heel waarskynlik om na die Kaap te emigreer. Ten einde vrye passaat na die Kaap te kon verkry moes hy eers as matroos vir die Kompanjie vir ‘n sekere tydperk dien. Baie ander voornemende Duitse emigrante na die Kaap het dan ook in die 18de eeu eers as soldate of matrose by die VOC in diens getree. As ‘n Duitssprekende moes hy in diens van die VOC natuurlik leer om Hollands te verstaan en te praat. As Lutheraan moes hy hier in die Kaap ook lidmaat van die Gereformeerde Kerk word en op die wyse is hy soos ander Duitse emigrante in die Holland-sprekende gemeenskap mettertyd opgeneem.

Die geboorte en/of doopdatum van Jan, asook die name van sy ouers is onbekend Die van Förster kom vandag nog baie in Switserland en Duitsland voor.

Huwelik

Tydens Jan se verblyf as messelaar in die Paarl (1718-1724) het hy geleentheid gehad om kennis te maak met die ongetroude jong vroulike lidmate van die gemeente. Die lidmate van die Paarl-Drakenstein kerk het hoofsaaklik uit Franse Hugenote en hul getroue kinders bestaan. Onder hierdie gemeente was daar ook ‘n paar vryburgers wat nie van Franse herkoms was nie, soos bv. die Lubbe-gesin. Die stamvader Barend Lubbe (Berndt Lubbe) het ongeveerd 1721 uit Nederland aan die Kaap gekom. Hy was ongetwyfeld nie van Nederlandse herkoms nie - heel moontlik het hy of sy ouers oorspronklik van Duitsland, Oostenryk of selfs Switserland gekom. Jan het gevolglik maklik by die Lubbe-gesin aansluiting gevind. Hoe dit ookal sy, Jan Vorster is omstreeks 1721 met Elisabeth, gedoop 6.8.1702, die vierde kind van Barend Lubbe en Jacoba Brandenberg, getroud. Jan en Elisabeth se eerste kind Aletta is op 2.4.1722 gedoop. Hulle juiste huweliksdatum kan ongelukkig nie vasgestel word nie omdat die huweliksregisters van die Paarl-Drakenstein kerk vir die jare 1721 tot 1724 verlore gegaan het. Die huweliksbevestiging is heel waarskynlik deur ds. Petrus van Aken waargeneem. Jan was destyds nog in diens van die Kompanjie en aan heemraad S.W. van der Merwe as messelaar uitgehuur (1720-1724) en hy het waarskynlik ook huisvesting aan Jan en Elisabeth verskaf.

Sterfdatum van Jan

Die juiste sterfdatum, asook waar hy oorlede en begrawe is, is onbekend. Hy is heel waarskynlik in Kaapstad of in die omgewing oorlede en daar begrawe. Sy sterfdatum kan by benadering wel bereken word. Sy weduwee, Elisabeth Lubbe, het op 1 April 1730 ‘n dogter met die naam van Elisabeth Bruyns in die Paarl. Op die doops register van Elisabeth Bruyns is geskryf “de vader onbekend” Hiervan kan afgelei word dat hy voor 1730 oorlede is, maar na sy seun Barend se doop datum (1.12.1726), d.w.s. tussen 1727 en 1729.

Slotopmerkings

Die stamvader Jan Vorster is in baie opsigte ‘n geheimsinnige persoon omdat daar so min van en oor hom bekend is. Sy geboorte of doopdatum, die name van sy ouers, sy huweliks- asook sy sterfdatum is onder andere nog onbekend.

Bronne:
Staatsargief Pretoria

GISA

Asook die bydrae van Lidmate van die Gerformeerde Kerk in Noord-Kaap en alle ander persone wat bydra gelewer het tot inligting

Navorsing te danke aan: Dr. P.W. Vorster (c1d15e6f5g4h1, Mev. S.B. Britz (Vorster c1d1e15f3g5h2i2)

Bydrae te danke aan:
Ian Vorster  ian@vorster.net

Webblad: http://www.vorster.net/



Byvoeging:

 http://vocopvarenden.nationaalarchief.nl/detail.aspx?ID=1438101

Detailgegevens:
Gegevens van Hans Voster uit Bern
Datum indiensttreding: 18-11-1716 Datum uit dienst: 16-07-1717
Functie bij indiensttreding: Bosschieter
Reden uit dienst: Vrijburger

Uitgevaren met het schip: Velserhoofd Waar uit dienst: Kaap de Goede Hoop
Maandbrief: Nee
Schuldbrief: Ja

Gegevens van de vaart
Schip: Velserhoofd Vertrek: 18-11-1716
Kamer: Amsterdam Kaap: 13-05-1717
07-08-1717
Inventarisnummer: 5691
Folio: 43 Aankomst: 22-10-1717
Batavia
DAS- en reisnr.: 2289.1

Functie(s)
Bosschieter
ervaren matroos, ook belast met het afvuren van een kanon

Details of voyage 2289.1 from Texel to Batavia

Number: 2289.1
Name of ship: VELSERHOOFD
Master: Sterling, Thieleman
Tonnage: 650
Type of ship: fluit
Built: 1716
Yard: Amsterdam
Chamber: Amsterdam
Date of departure: 18-11-1716
Place of departure: Texel
Arrival at Cape: 13-05-1717
Departure from Cape: 07-08-1717

Nagevors en saamgestel deur:

Marianne Combrink.

 

  • Hits: 16645

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy