Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VON WIELLIGH Nikolaus

Nikolaus VON WIELLIGH kom van Hamburg. Hy het as assistent met Kolbe na die Kaap gekom. Hy was "n soldaat van 1705 - 1708. Hy trou 21 Augustus 1718 met Elisabeth VAN WYK. Hy trou die tweede keer 3 Mei 1722 met Adriana VAN DAM dogter van Abraham Pietersz van Dam en Catharina Smits. Hy trou die derde keer 4 Maart 1725 met Maria CLEEF, dogter van Nikolaas Cleef en Barbara le Febre.

KINDERS met Elisabeth van Wyk
Maragaretha gedoop 17 Jul 1706
Matthys gedoop 6 Okt 1709
Nikolaas gedoop 25 Okt 1711
Jacobus gedoop 1 Apr 1714
Johanna gedoop 3 Mei 1716
Hermanus gedoop 14 Aug 1718


Gesina 25 Apr 1723
Maria 28 Apr 1726
Barbara 24 Okt 1734

Elisabeth van Wyk het nog twee ander kinders gehad - Willem van Dyk gedoop 21 Jan 1701, die vader was Joost Pietersz van Dyk. Asook - Christina Matthysen gebore c 1700 vader is onbekend.

Von Wielligh was aangestel in 1753 as die koster van die Swartland se Kerk. Von Wielligh en die voorige koster Wietse Botes was goeie vriende. Von Wielligh het te veel drank gedrink in in 1766 het die kerkraad ook vir beide Botes en von Wielligh vermaan omdat hulle op Sondae by die Kerk drank verkoop het.


Bronne:
Hoge Personalia of the Germans at the Cape
RTJ Lombard "Ryk Jan Botes en sy Familie" Familia XXII, 1985 no 3 p 77-83

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

 

  • Hits: 10178

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy