Surnames V to Z

Written by AM van Rensburg on . Posted in V - Z.

VLOK Arnoldus

Arnoldus VLOK was van Erften in Keulsland. Hy was gebore 1670 en het vir die VOC gewerk as smid. Hy werk in 1702 op Mauritius, maar in 1708 vind ons hom as "n burgher in die Kaap.

Hy trou op 14 Desember 1716 met Catharina CLEEF, sy was gedoop 3 Januarie 1700 en was die dogter van Nikolaus Cleef en Barbara le Febre.

KINDERS
b1 Christina gedoop 27 Feb 1718
b2 Nicolaas gedoop 14 Apr 1720, X 15 Des 1739 Christina Maasdorp
b3 Hermanus gedoop 4 Apr 1723

Hy het in 1724 gesterwe.

Bronne:
RTJ Lombard "Kwartierstaat van Minister AJ Vlok" Familia XXVI no 2 1989

Saamgestel deur:
AM van Rensburg