Surnames V to Z

Written by AM van Rensburg on . Posted in V - Z.

VICTOR Gerrit

Gerrit VICTOR van Amsterdam trou 16 Jan 1667 met Christina VAN DEN BERG. Gerrit was 'n krankbesoeker.

http://tanap.amtex.nl/_xml/ Reference code: C. 11, pp. 97-104.
Dingsdagh 23 November 1677
Mede gelet sijnde op het ernstigh versoeck van den crankbesoeker Gerrit Victor om sich in vrijdom te moogen erneeren en toegestaan werden het tappen van coele wijnen als staande desselffs huijs (sijnde dat van den overleden Borgerraet Wouter Mostaert) daar toe seer wel ter neringh in de vacante tappersplaats, Soo is hem sijn voors. versoeck geaccordeert, doch alles niet langer als ’t aanstaande jaar.

Kinders:
b1 Cornelis gebore in Ceylon , gedoop 26 Okt 1667, trou 8 Aug 1688 met Cornelia Jacoba JUNIUS. Hulle het 6 kinders.
b2 Jacobus, trou met Magdalena WENDELS van Amsterdam. (Jacobus het 'n kind gehad met 'n slaaf met die naam van Christiaan Victor)

Gerrit Victor se slaafin Hester VAN SURATT het op 21 Januarie 1708 in Kaapstad drie kinders gedoop:
Hestor Victor born 1699
Jannes
Caatje
Anna Magdalena

Hy het 'n taphuis gehad en die volgende dranke verkoop:
Mom, Franse, Rynse en Spaanse wyn - 1679
Bier - 1678, 1685, 1686
Kaapse wyn - 1684
Alle drank - 1679, 1683
Brandewyn - 1684

Hy dien die kerk as 'n diaken 1679-1680, 1686-1687.

Hy word ook gemeld as 'n bakker aan die Kaap van 1680-1681.
In 1681 het die Kompanjie vir hulle eie amptenare gebak. Gerrit Victor wat 'n vrybakker was, het toe as krankebesoeker aangemeld en na Ceylon gegaan, hy het later weer na die Kaap terug gekeer.

Hy dien as officier 1687. As 'n lid van die Huwelikshof 1681-1682 en as Weesmeester 1678-1679, 1691-1692.

Hy was aangekla op 15 Oktober 1685 omdat hy hout gekap het in verbode gebied.

Johannes Pretorius het getrou met Johanna Victor, Johanna was heelmoontlik 'n suster of 'n familie lid van Gerrit Victor.

Later was daar 'n Christiaan Victor van de Kaap en hy het in 1723 die Politieke Raad gevra om hom vry te stel van slaweny. Hy was die slawe kind van Jacobus Victor en 'n slavin.

Bronne:
GC de Wet Die Vryliede en die Vryswartes in die Kaapse Nederseting.
Heese Groep Sonder Grense
D.F. du T. Malherbe Stamregister van die Suid-Afrikaanse Volk
NG Kaapstadkerkargief

Saamgestel deur:
AM van Rensburg