Surnames V to Z

Written by Stamouers on . Posted in V - Z.

VAN SOLOOR Sara

Sara VAN SOLOOR was afkomstig van "n Indonesiese eiland met die naam van Solor. Sy was eers "n slavin van Willem van Dieden. Sara word in 1673 gedoop. Sy het vier kinders gehad toe sy op 13 Maart 1686 met Claas GERRITSZ VAN BENGALE getroud was.

Sy doop "n voorkind Henrijtte op 29 Oktober 1673. Hierdie kind het later die van Wittebol gebruik. Die vader van die kind was die VOC landmeter Johan Wittebol, van Amsterdam (Hy trou met Maria van Ruijven). Kyk ook onder stamouer Johan Wittebol.

Sara word groot gedoop 3 September 1679.

Sara en Gerrit het die volgende kinders (ouderdom word gegee van kinders toe Gerrit oorlede is in 1697):
Hedriette (23) (Claas Gerritsz was nie die vader nie)
Meijndert (16)
Gerrit Claas (11)
Hendrik Claas (10)

Claas is in 1697 oorlede. Sy trou toe in 1698 met Harmen BUYS van Batavia, hy was heelmoontlik "n vryswarte. In 1707 skei sy van hom weens kindermishandeling. Buys het ook twee ander kinders gehad van die slaafin Diana van Trankebaar (want hulle word gedoop 10 Maart 1709 Sara en Pieter).

KINDERS
b1 Henrietta * 1674 gedoop Kaapstad 17 Sep 1684
b2 Meyndert * 1681 gedoop Kaapstad 17 Sep 1684
b3 Gerrit * 1683 gedoop Kaapstad 17 Sep 1684
b4 Hendrik * 1685 gedoop Kaapstad 6 Maart 1686

Die oudste dogter was bekend as Hendrietta Claasz en was ook bekend as Hendrietta Wittebol, sy het getrou in 1690 met Johannes Claus Moller, en die tweede keer in 1699 met WL Wiederholt


Bronne:
Heese en Lombard
K Schoeman, Armosyn van die Kaap
Willem Kempen se webblad http://www.kempen.id.au/main.htm (Bevat inligting van Mansell Upham)

Saamgestel deur: