Surnames V to Z

Written by Stamouers on . Posted in V - Z.

VAN HELSDINGEN Johannes

Johannes van Helsdingen en Anna Mynen
Stamouers van die
van Helsdingen familie in Suid Afrika.

Die oorsprong van die ‘van Helsdingen’ van moet gesoek word in die geskiedenis van Holland en wel in die grondgebied om Utrecht.

In 944 skenk die Duitse Koning Otto I o.a. aan de kerk van die Biskop van Utrecht stukke „wildernis". Die kerk gee die grond op hulle beurt weer uit aan “ontwikkelaars", soos de here van Uten Goye en van Beusichem, wat groot-grondbesitters in die gebied word. Ook kloosters kry beskikkingreg oor stukke wildernis. Die klooster by Oostbroek, stig so ‘n boerdery bedryf en nedersetting genoem Helsdingen.

Daar is ook ‘n Kerk opgerig by die nedersetting op die suidelike wal van die rivier Lek suidwes van die stad Vianen wat dateer vanaf middel van die 15de eeu.

 

Voorsate

Volgens navorsing van Roderick van Helsdingen kom die geslagslyn van die ‘van Helsdingen’ familie van die 'Van Vianen's', wat op hulle beurt weer afstam vanaf die 'Van Bosinchem's'

Vroeë Van Helsdingen's was prominente inwoners van Utrecht en was meestal lede van die Siviele Rade. ( Een van hulle was selfs burgemeester van Utrecht nadat hy ‘n rebellie gely het wat verband gehou het met die vryheid van geloof.).

Geslagregister

Isaac van Helsdingen
Adriaan
Anthonis (1480-1562)
Steven (1510-1577)
Hendrik (†1612)
Dirk (†1638)
Hendrik (1622-1678)
a1 Johannes VAN HELSDINGEN die Stamvader van die Kaapse Tak.

Johannes VAN HELSDINGEN, met sy vrou Anna MEINEN, seun Jan Hendrik en dogter Maria Elisabeth, arriveer in die Kaap in 1696, vanaf Amsterdam.

In 1700 doen hy aansoek om sy Vryburger kontrak en dit wil voorkom asof hy eers in 1706 sy vryburgerskap kry.

In 1709 is die volgende inligting verkry uit die Opgaafrolle:

#633 van Helsdingen Johannes 1 vrou, 1 seun, 1 dogter, 1 kneg, 3 manlike slawe, 1 vroulike slavin, 2 slaweseuns, 1 slawedogter, 5 perde, 59 beeste, 6000 wingerdstokke, 1 wyn, 2 rog, 16 koring, 4 snaphane, 4 degens.

Woonplekke

Vroeë rekords toon dat die plaas Wittebomen in 1714 reeds bewoon is deur die van Helsdingen familie.

In die testamente van beide Jan van Helsdingen (1759) en sy vrou Elisabeth (1776) word daar melding gemaak van die plaas Wittebomen. Dit is in 1778 bemaak aan Elisabeth se seun Jan (Johannes) Guiliam.

Na die afsterwe van haar man bly Elisabeth dan ook saam met haar seun Johannes Guiliam op die plaas tot na haar afsterwe.(Johannes Guiliam was twee keer getroud en het 18 kinders gehad).

Dit wil voorkom of die plaas later onderverdeel is aangesien Benydendal ‘n verdeling van die plaas Wittebomen in 1817 deur Jan Gregorius van Helsdingen in ewige erfpag aan sy Broerskind Johannes Frederik bemaak is.

Kronendal is ook ‘n welbekende plaas wat in 1793 die eiendom van Johannes Guillaime van Helsdingen word na sy troue met Maria Marthina Bierman weduwee van Jakobus Lourens Bierman.

In 1800 het Johannes van Helsdingen die voorste deel van die H vorm woonhuis bygevoeg sowel as die historiesse gewel.

 

Verwysings:

Inligting versamel en verwerk deur Nic van Helsdingen
grootbeer[at]gmail.com
met die hulp van:

Roderick van Helsdingen –Amsterdam Holland
Gerda Pieterse
Keith Meintjies
André Kellerman

Verdere inligting verkry vanaf :
http://www.de-vrijstad.demon.nl/vianen.htm