Surnames V to Z

VAN DER WESTHUIZEN Pieter

Pieter Jansz van der WESTHUIZEN (Westhuijzen) was van Brugge, Nederland. Hy kom na die Kaap in 1662. Op die 18 November 1673 het hy getrou met Maria HENDRICKSZ WINKELHAUSEN, weduwee van Hendrik Barendse (van Borghstijnsfurt). Hy trou die tweede keer 26 September 1706 met Eva Gerrits LIGTEHARD (Lichtart), sy was die weduwee van Jan Mos .

In 1681 het Simon van der Stel vir Willem van Dieden and Pieter van der Westhuizen 'n stuk land toegeken. Hierdie stuk land is later bekend as Kronendal in Houtbaai.

KINDERS:

b1 Maria,gedoop 6 Okt 1675, X met Cornelis van Niekerk, hertrou met Sameul Walters
b2 Jan, gedoop 9 Mei 1677, X 9 Des 1714 met Gesiena Wiegman, XX, 25 Aug 1720 met Anna Maria Brons
b3 Nicolaas, gedoop 7 Mei 1679, X 7 Nov 1706 met Catrina Olivier
b4 Barend, gedoop 16 Maart 1681, X 11 Okt 1711 met Sophia Appel
b5 Helena, gedoop 27 Jun 1683, X 23 Nov 1698 Heinrich Segers
b6 Hendrik gedoop 2 Jun 1686
b7 Pieter gedoop 10 Sept 1690, X 25 Nov 1714 met Jacomina Mos, van Amsterdam, XX 5 Okt 1721 met Beatrix Olivier
b8 Elizabeth Susanna, X JJ Muller

Bron:
Geslacht-Register der Oude Kaapsche Familiën comp. deur CC de Villiers: GM Theal, 1894
Ekstra inligting van Richard Ball verskaf op die genealogiese gesprek groep - SA Genealogie, no. 11801

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

Print Email