Surnames V to Z

Written by Pieter Conradie on . Posted in V - Z.

VAN DER POEL Pieter

Pieter VAN DER POEL, gebore 29 April 1667 te Leiden, Nederland, is gedoop op 8 Mei 1667 in die Hooglandsche Kerk, Leiden. Hy was die 6de en laaste kind van Jonas Michael VAN DER POEL ('n ystersmit en slotmaker van Leiden) en Elysabeth Aryens VAN NOORT. Pieter kom ongeveer 1688 na die Kaap. Hy word burger in 1692, en is wamaker en ystersmid. Dien 1700-01 as diaken van die Kaapse kerk. In 1707 het hy geweier om ‘n vonnis wat in ‘n siviele geding gevel is, uit te dien, en is met 25 guldens beboet. Oorlede aan die Kaap op 29 September 1715. Met sy dood was hy "welgesteld en 'n gesiene man aan die Kaap, met 'n plaas aan die Liesbeeckrivier en ses huise in Kaapstad"; "Benewens die eiendomme was die kontantbates van die boedel 17199 gulden," Bron: V.A. van der Spuy, Die van der Spuy-Stamregister, Johannesburg, 1974. Pieter is op 12.4.1693 in Kaapstad getroud met Johanna VIANT (VYANDT), gebore 30 November 1674 te Amsterdam, dogter van Claes VYANT en Maria JANS; Johanna is gedoop op 25 Januarie 1675 te Amsterdam en oorlede op 30 November 1714 te Kaapstad op 40-jarige leeftyd. 6 Kinders is uit die huwelik gebore.

KINDERS:
b1 Maria gebore 7 Februarie 1694 te Kaapstad. Sy trou op 14 Junie 1716 te Kaapstad met Melt VAN DER SPUY, seun van Jacob VAN DER SPUY en Krijntje VAN LEEUWEN. Maria was welgesteld; in 1725 erf sy aansienlik van haar vader en ook in 1734 van haar eerste man Melt VAN DER SPUY. Reeds in 1740 laat sy 'n testament opstel waarin sy 35000 gulden aan haar minderjarige kinders nalaat. Vervolgens trou Maria ook in 1740, met 'n welgestelde wewenaar Carel WIESER. Sy is op 23 Augustus 1771 oorlede.

b2 Jonas gebore 29 Desember 1695 te Kaapstad. Jonas was 'n pagter van 'n perseel "Caabse Coelewijn". In 1729 koop hy die boerdery Zeekoeigat op 'n veiling uit die nalatenskap van Claas Jansz. VAN RENSBURG en Aletta VAN DER MERWE. (Zeekoeigat was aan die Bergrivier, 7 kilometer noord van Wellington). Jonas was Diaken, Luitenant Burger Militie, Wynboer, oorlede op 4 Julie 1756. Getroud op 11 Augustus 1720 met Sophia MYBURGH, gebore 27 September 1702, dogter van Jan Lambrechts MYBURGH en Sophia SANK

b3 Elsabe gebore 17 Oktober 1698 te Kaapstad.

b4 Elisabeth gebore 6 Oktober 1699 te Kaapstad, oorlede 17 Mei 1737. Sy trou op 2 Julie 1719 te Kaapstad met Michiel BOCK (gedoop 19 Maart 1702 aan die Kaap), seun van Christiaan BOCK en Anna GROOTHENNING.

b5 Catharina gebore 7 September 1704 te Kaapstad, oorlede 11 Mei 1705.

b6 Johanna Catharina gebore 25 Junie 1706 te Kaapstad, oorlede 10 Augustus 1775. Sy trou op 29 Augustus 1728 te Kaapstad met Cornelis EHLERS gebore 1702 te Amsterdam.

VERWYSINGS:
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
Genealogie VAN DER POEL by:
http://home.planet.nl/~poel1952/

Saamgestel deur:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com