Surnames R to U

Written by Louie Mostert on . Posted in R - U.

t HART Simon

Simon 't HART *20 Januarie 1837 in Pernis, Suid- Holland (s.v. Bastiaan Hans 't HART en Pietertje KOSTER) †21 September 1909 (longontsteking) Mayfair, Johannesburg en in Braamfonteinkerkhof begrawe X 15 Augustus 1860 in Pernis met Maria VAN VLIET *2 Desember 1836 in Pernis (d.v. Bastiaan Hans 't HART en Pietertje KOSTER) †3 September 1931 in Potchefstroom. Hulle het agt kinders gehad. Twee seuns en twee dogters is reeds in Nederland oorlede, vóór 1883.

Hy was in sy tuisland kaptein van 'n vissersboot maar het in 1883 besluit om na Suid-Afrika te kom. Saam met hom het sy vrou, die vier oorlewende kinders (twee dogters en twee seuns), sy skoonseun Izaäk Hendrik VERMOOTEN (die man van sy oudste dogter) en hulle een-jarige seuntjie gekom. Hulle het op 25 Maart 1883 op die skip "Maasstroom" (Kaptein J. VAN VLIET, nie bekend of dit famile van sy vrou was nie) vanaf Rotterdam vertrek, verby Pernis, Vlaardingen en Maassluis na Blackwell. Vandaar is hulle op die "Garth Castle" van die Donald Currie Maatskappy (Kaptein R. Duncan) via Dover, Dartmouth en Madeira na Kaapstad, waar hulle op 19 April 1883 aangekom het. Daar vandaan is hulle op die stoomskip "Melrose" verder en kom op 24 April in Port-Natal (Durban se hawe) aan. Na hulle in D'Urban (Durban) oornag het is hulle met twee ossewaens verder. Oor Pietermaritzbrg, Howick, Estcourt en Heidelberg na Colenso. Toe is hulle in 'n kwaai donderstorm oor die Drakensberge na Harrismith, verder oor Heilbron , Parys en Vredefort na hulle eindbestemming Potchefstroom. Hier het hulle uiteindelik op 19 Junie 1883 aangekom.

Na hulle oudste seun getroud is het Simon en Maria, met hulle twee ongetroude kinders, in 'n huisie in Bergstraat (nou Van Riebeeckstraat) wat voor die klooster geboue gestaan het gewoon. Hierdie huisie het later die sanatorium van die klooster geword. Later het hulle verhuis na Welverdiend waar hy as onderwyser opgetree het by 'n skool in Kaalplaats. Nog later (al die kinders was al uit die huis uit) het hulle na Johannesburg verhuis. Hulle het in 9de Laan, Mayfair in 'n dubbelverdieping skakelhuis ingetrek. Hulle was op die boonste verdieping en hulle jongste seun en sy vrou het langs hulle gebly. Om by mekaar uit te kom moes hulle die buite trappe af, óm die skakelhuis enanderkant weer met buite trappe op. Om beter te kan kommunikeer het hulle 'n waterpyp deur die verbindingsmuur gesteek! Simon was toe by die ZASM (spoorweë) werksaam as hoofmasjienis op die trajek Lourenco Marques met Komatipoort as draaipunt.

KINDERS:

b1 Jacoba * 17 Augustus 1860 Pernis, Suid-Holland †4 Junie 1927 Potchefstroom (na 'n asma aanval) X 2 Jun 1881 Izaäk Hendrik VERMOOTEN *25 April 1857 Vlaardingen, Zuid-Holland †11 Junie1917 (longontsteking) Potchefstroom. Hulle nege ses seuns en drie dogters gehad.

b2 Bastiaan Hans *27 September 1861 Pernis, Suid-Holland †14 April 1862.

b3 Pietertje *6 Oktober 1862 †25 Januarie 1863.

b4 Pietertje *31 Oktober 1863 †3 Februarie 1864.

b5 Bastiaan Hans *26 Desember 1865 †25 Desember 1866.

b6 Bastiaan Hans *16 Junie 1867 Pernis, Suid-Holland †31 Maart 1897 X Aletta M (Lettie) Kock *2 April 1872 †17 Augustus 1931. Hulle het drie seuns gehad.

b7 Jacob (Japie) *12 Augustus 1868 †22 Julie 1922 (asma) X 1896 Hendrika (Rika) Hollander *9 Julie jaar onbekend †ongeveer 1955. Hulle het vier seuns en vier dogters gehad.

b8 Pieternella (Pietje) *2 Februarie 1875 †1912 X Frederick Garforth Priestley *7 Mei jaar onbekend † vóór 1912. Hulle het een seun gehad.

BRONNE:

1. "REISBESCHRIJVING: Dagelijksche Aanteekeninge van de Familien S. 't HART en I.H. VERMOOTEN deur lg. twee opgeteken en deur J. K. OVERBEEKE, Brielle in 1884 gedruk.

2. "Wat van die agt geword het" saamgestel deur Cornelia (Nen) ROBBERTSE b1[c9] ('n Kleindogter van Izaäk Hendrik VERMOOTEN en sy vrou Jacoba, gebore 't HART).

3. Verjaarsdagboekie van Louisa Susanna 't HART (MAHER), die skoondogter van Bastiaan Hans 't HART, 'n swaer van Izaäk Hendrik VERMOOTEN.

4. Notas en oorvertellinge van Catharina Johanna VAN DER MERWE, voorheen DOOGE, gebore MAHER. (Die suster van Louisa Susanna 't HART (MAHER).

5. Inligting van Christo VERMOOTEN (b1c1d4) wat hy o.a. van Hannie FAASEN uit Nederland en van familie gekry het.

Nagevors en saamgestel deur:
Louie Mostert.