Surnames R to U

Written by Ockert Malan on . Posted in R - U.

SCHULZE Carl Ferdinand Ludolph Dietrich

Carl Ferdinand Ludolph Dietrich (Carl) SCHULZE, * Wendemark in der Altmark Duitsland 23.04.1836, (datum in Zöllner en Heese foutief), Kommissaris in Sekukuniland 1877-1880, posmeester Lydenburg 1881 1900, † 13 Aug 1916, Ω Voortrekkerbegraafplaas Malta Winterton.
Ná sy skool en militêre opleiding was hy student in landbou aan die koninklike Landbouskool in Walda.

Hy veg in die slag van Königgratz 1866 en ander veldslae in die Pruisies Oostenrykse Oorlog en word in 1866 na 2de luitenant bevorder. In 1870 trou hy en verhuis kort daarná na Natal waar hy hom vestig op die plaas Malta naby Winterton. In 1873 verhuis hy na die plaas Mostertshoek by Lydenburg en later na Rooidraai. In die ZAR beklee hy verskillende ampte: o.a. is hy van 1877 tot 1880 Kommissaris in Sekoekoenieland, landdrosklerk en publieke aanklaer, vrederegter in 1880 en landdros van Lydenburg in 1881. Hy is ook posmeester van 1895 tot 1900.

Hy het 'n brief nagelaat waarin hy sy voorgeslag uiteensit:

"My liewe kinders!

"Ek vermoed dat julle, buiten die aangaande julle ouers en grootouers, nie veel van die familieverbande van julle voorouers af weet nie, en dat julle daarom belang sou stel om iets meer daaroor te wete te kom. Ek wil dus, sover dit binne my vermoë is, aan julle meedeel wat ek van my ouers af gehoor het betreffende my vaders en moederskante en wat my andersins bekend geword het. Ens.

x Sandau a/d Elbe Duitsland 29 Mei 1870 Johanna Elizabeth Bernhardina (Johanna) GÜLDENPFENNIG, * Pietermaritzburg 24 Sep 1848, † Lydenburg 27 Jul 1887, d.v. Friedrich Wilhelm Ludwig GÜLDENPFENNIG en Johanna Henriette Wilhelmina RUDOLPH.
Daar is in die familie 'n oorlewering dat Carl Schulze se afdeling soldate ná een van hul veldslae deur 'n dorp gemarsjeer het en dat die vroue uit die huise blomme op hulle gegooi het. Uit een van die vensters is 'n krans gegooi wat Carl met sy sabel gevang het. Hy het die venster onthou, agterna terug gegaan en uiteindelik met die dame, Johanna, getrou.

xx Malta dist. Weenen 02 Jan 1889 Anna Maria Dorothea (Dorothea) GÜLDENPFENNIG, * Stendal Natal 08 Des 1859, † Lydenburg 09 Nov 1906, Ω ou begraafplaas Lydenburg, d.v. Friedrich Wilhelm Ludwig GÜLDENPFENNIG en Johanna Henriette Wilhelmina RUDOLPH.

Uit die eerste huwelik:

1. Johanna Pauline Helene, x Albert BÜRING.
2. Wilhelm Ludwig Stephan.
3. Carl Louis Otto, x Hendrika Johanna KOELEMAN.
4. Frieda Elizabeth Margaretha.
5. Arthur Carl Hans.
6. Franz Ludwig, x Hildegard Therese Dorothea BAULING.
7. Johanna Hedwig Emilie, x Johann Heinrich Friedrich GÜLDENPFENNIG.
8. Rudolph Ferdinand, x Marie Therese GÜLDENPFENNIG.
9. Gerhard Wilhelm Edmund, x Olive Rita INGLETHORP.

Uit die tweede huwelik:

10. Carl Theodor Wilhelm, x Machteld Cicilia SCHOEMAN.
11. Friedrich Wilhelm Ludwig, x Cornelia Johanna HOLLEBRANDS.
12. Hans Georg, x Maria Catharina YSSEL.
13. Gottfried Albert.
14. Max Robert, x Magdalena Elizabeth van der WALT.
15. Bernard Rudolph, x Marjorie Mary Vale CHOLES.

43 kleinkinders

BRONNE:

Zöllner L & J A Heese, Die Berlynse sendelinge in Suid-Afrika, RGN, Pretoria
1984.

Dokumente in familiebesit en mededelings.

Sasa Malan, "Só het die SCHULZEs na Suid-Afrika gekom" Capensis 3/2013

Saamgestel deur:
Ockert Malan.