Surnames R to U

Written by AM van Rensburg on . Posted in R - U.

TREDOUX Jacques Gideon

Jacques Gideon TREDOUX. Hy was gebore in Den Haag die 9 April 1767. Ons is nie seker of hy op die Meermin of die Bletterwijk na die Kaap gevaar het nie, maar hy het hier beland in 1788. Hy was in die diens van die VOC as "n luitenant, hy het probleme gehad met sy oë. Hy trou 5 April 1789 met Maria Dorothea de NICKER. Sy tweede vrou trou hy 16 Mei 1813 en sy was Elizabeth Jacoba BAARTMAN dogter van Maarten Baartman en Catharina Elisabeth Jansen Hy trou die derde keer op 24 Januarie 1816 met Helena Christina Wilhelmina MOCKE, sy was die dogter van Johann Gottfried Mocke en Sophia Rebekka Plagmann (sy het slawe voorouers gehad). In 1792 gaan hy aan diens om walvisse te vang. In 1795 werk hy weer vir die VOC op die skip Meermin, en gaan haal hy vragte van ander retour skepe van Saldanhabaai. Hy word ook gemeld in 1805 as "n lid van die College van die Brandmeesteren van Kaapstad. Hy is oorlede 29 Maart 1832.

KINDERS:
b1 Maria Dorothea gedoop 7 November 1790, X 6 November 1790 Hendrik Andreas Truter
b2 Helena Catharina gedoop 18 Desember 1791, X 4 April 1813 Marhinus Jacobus van Dyk
b3 Francois Pieter gedoop 20 Januarie 1793, X 7 April 1827 Hilletje Jacoba Ehlers, XX Hilletje Aletta Ackerman
b4 Adriaan Johannes gedoop 7 Desember 1794
b5 Lebou Couvereur gedoop 8 Januarie 1797
b6 Jaques Gideon gedoop 10 November 1816, X 16 Junie 1840 Johanna Margaretha Moll, XX Elisabeth Helena Esther de Beer
b7 Johan Frederik Schikkerling gedoop 30 Junie 1820, X Anna Margaritha Frederika Kritzinger

Daar was "n ander stamvader Francois Louis TREDOUX wat getroud was met Clara Fredrika ? en hulle het "n seun gehad wat gebore was die 14 Oktober 1819 met die naam Daniel

Verwysings:
G Tredoux "Die Familie Tredoux" Familia 1974 no 2

Saamgestel deur:
AM van Rensburg