Surnames R to U

TALJAARD Jacob

Jacob TAILLARD, (Taljaard) van Doornik in Henegoue (België), het in die jaar 1749 in Suid-Afrika aangekom, en hom later as burger te Drakenstein gevestig. Op 29 Julie 1753 het hy met Maria Petronella JORDAAN in die huwelik getree, en tien jaar later, op 4 Desember 1763 is hy hertroud met Elisabeth Johanna BUYS. Net een seun is uit die eerste huwelik gebore. Hy was Louis Francois (1754), wat hom later op Swellendam gevestig het en op 20 April 1777 met Dina Elisabeth LOURENS in die eg verbind is.

Hierdie familie het sy oorsprong in Dijou, Frankryk. Die naam was, en word vandag nog in Frankryk, Tielhard gespel. Die eerste afwyking van hierdie spelling het gekom toe een van die familie tussen die jaar 890 en 900 na Loue verhuis het en die spelling Taillard gebruik het. In 1066 is een lid van hierdie familie saam met Willem die Veroweraar na Engeland as sy leërtesourier. Die Taylors in Engeland is afstammelinge van daardie Taillard. Onder Nederlandse invloed het die naamspelling later verander na Taljaard.

Is ongeveer 1780 uit die Kaap verban.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)

Bydrae:
Pieter Conradie This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Aanvullende data:

 Hieronder volg die gegewens:
http://vocopvarenden.nationaalarchief.nl/detail.aspx?ID=362944

Gegevens van Jacob Feiljard uit Doornik

Datum indiensttreding: 20-09-1748 Datum uit dienst: 21-04-1751
Functie bij indiensttreding: Soldaat Reden uit dienst: Vrijburger
Uitgevaren met het schip: Getrouwigheid Waar uit dienst: Kaap de Goede Hoop
Maandbrief: Nee Schuldbrief: Ja

Gegevens van de vaart
Schip: Getrouwigheid Kamer: Zeeland
Vertrek: 20-09-1748
Kaap: 05-03-1749 07-04-1749
Aankomst Batavia: 27-06-1749
Inventarisnummer: 13030
Folio: 159
DAS- en reisnr.: 3429.2

Sy naam is met 'n F gespel en nie met 'n T nie. Dit is waarskynlik 'n fout van die indekseerder(s) en staan nie so op die dokument nie.
Aaangesien die soldyboek uit 1748 dateer is blykbaar een van die vroegste variasies van Jacob se van "TEILJARD"

Corney Keller

 



 

Print Email