Surnames R to U

Written by Tian Schutte on . Posted in R - U.

SCHUTTE Christiaan Ernst

Christiaan Ernst SCHUTTE was gebore op die 4 Okt 1693 in Schleswig, Duitsland. Hy sterwe omtrent 1766. De Villiers Pama p 864 & Pama p 296. Christiaan Ernst, van Sleeswyk in Noord-Duitsland, tree in diens van die VOC as professionele soldaat. Uit die argiefstukke van die "Dutch Asiatic Shipping" en in een publikasie van die "Serie Rijks Geschiedkundige Publicatën (RGP deel 166) kon sy naam opgespoor word in die skeepsoldyboek van een van die 18 skepe wat gereeld tussen Nederland, Kaapstad en Batavia (Oos-Indië) gevaar het nl. Oudenaarde. Die Oudenaarde wat in 1708 in Amsterdam gebou was se nooiensvaart was op 27 Oktober 1709 toe hy vanaf Texel, Nederland na Kaapstad gevaar waar hy op 7 April 1710 gearriveer het. Die kaptein tydens die vaart was Christian Emmery. Die skip is in 1734 aan 'n Engelse maatskappy in Indonisië verkoop waar dié gebruik is tot 5 Februarie 1787 en toe afgetakel is.

Volgens die skeepsoldyboek word Christian Ernst se naam met een "a" gespel en sy van as Schüt aangegee (volgens die Hollandse uitspraak" Sgut"). Hy het aanboord van die skip Oudenaarde gegaan op 7 November 1726, te Texel, Nederland. Kaptein Isaak Hage was aan die stuur van die 858 ton skip. Aan boord was 133 matrose, 58 soldate (waarvan CE Schutte een was) en 7 arbeiders. Die skip kom op 9 Maart 1727 in die Kaap aan wat 'n mens 'n aanduiding gee van hoe lank sulke vaarte geduur het. Die skip het Kaapstad weer op 28 Maart 1727 verlaat na Batavia (Oos-Indië) waar dié op 22 Junie 1727 aangekom het. Aan boord was 18 matrose, 13 soldate en 3 arbeiders.

Christiaan Ernst Schutte was 9 jaar in diens van die VOC en word 'n Vryburger in 1734 en word 'n boukneg op die plaas van sy oom, Andreas Schutte. Later was hy woonagtig op die plaas Rustenburg (deesdae Rustenberg) net noord van Stellenbosch wat hy aan 'n ene Bernhardus van Biljon verkoop (sien testament CJ 2889,72, KAB). Hy was 'n "weduwenaar" en 'n burger van Stellenbosch ten tye van sy huwelik met Susanna Fourie (VC 639, G2 7/1). Hy ontvang soldy tot in 1766 van die VOC en kan dit moontlik ook die jaar van sy afsterwe wees.

Hy trou met Susanna FOURIE (dogter van Louis FOURIE en Susanna CORDIER) op 6 Des 1742 in Stellenbosch. Susanna FOURIE was gebore in 1694. Sy was gedoop 1694. Sy sterwe omtrent 1750. Doopbesonderhede: De Villiers Pama p 227. Troubesonderhede: De Villiers Pama p 864.

Christiaan Ernst SCHUTTE and Susanna FOURIE het net een kind gehad:

1. Christiaan Ernst SCHUTTE gebore op 12 Desember 1743, gedoop op 17 Desember 1743 en oorlede in Desember 1772. Hy was die heel eerste Schutte wat in Suid-Afrika gebore is. Hy is op 25 September 1763 op Drakenstein met Susanna Minnaar getroud, dogter van die Minnaar-Stamouers van Suid-Afrika. Hulle het drie dogters (Susanna, Johanna Elizabeth en Magaretha Maria Charlotta) en twee seuns (Christiaan Ernst en Philippus Jacobus Wilhelmus) gehad, en uit die seuns se nageslagte het die grootste nageslag gegroei van al die Schutte-stamvaders in Suid-Afrika

Navorsing deur:
Tian Schutte

Schutte Webblad: http://www.geocities.com/ltxmus/schutte.htm