Surnames R to U

Written by Stamouers on . Posted in R - U.

ROSSOUW Pierre

Pierre ROUSSEAU, gebore omstreeks 1666, was "n Franse Hugenoot van Orleanais wat waarskynlik in 1688 met die Borssenburg na die Kaap gekom het. Sy suster, Maria, was met Jan Janse van Eeden getroud, en sy hertrou later met Cornelis Joost van Dale. Hy was heemraadslid en een van die eerste diakens van die gemeente Drakenstein. In 1694 vestig hy hom op l"Arc d"Orleans, en in 1704 op Vleesbank, Wagenmakersvallei. Hy trou in 1689 met Anne RETIEF (oorlede 1710) en hertrou op 7 Desember 1710 met Geertruy du TOIT. Hy is oorlede in 1719, en hy het 5 seuns en 7 dogters gehad.

Kinders uit 1ste huwelik:
b1 Anna ~8 Jul 1691 x 1705 Daniel Hugo xx Jan Blignaut van Amsterdam
b2 Maria ~*1693 x 13 Des 1711 Lodewyk Pretorius xx Charles Marais
b3 Madeleine *26 Feb 1695 X 5 Mei 1714 Jean Louis du Plessis
b4 Elizabeth ~ 14 Okt 1696 x 1716 Kaap Pierre du Toit
b5 Martha ~ 28 Jul 1698 x 07 Maart 1717 Andries du Toit
b6 Pierre *1700 ~ 3 Mei 1700 Paarl
b7Gabriel ~14 Aug 1701 x 1723 Anna Marais
b8 Aletta c*1702 x 25 Feb 1720 Daniel Marais
b9 Pierre * 2 Sep 1703 x 1726 Sophia van der Merwe xx 10 Apr 1729 Maria Retief xxx 19 Apr 1739 Anna Maria Van de Vyver
b10 Hester * 26 Jul 1705
b11 Daniel ~ 9 Okt 1707 x 27-04-1732 Sara Hanekom xx 15 Mei 1743 Maria le Riche xxx 9 Mei 1751 Magdalena Senekal

Kind uit tweede huwelik:
b12 Andries ~ 8 Nov 1711

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz

A van Rensburg