Surnames R to U

Written by Pieter Conradie on . Posted in R - U.

REITZ Jan Frederik

Jan Frederik REITZ is op 27 Junie 1761 te Utrecht in Nederland gebore. In 1781 het hy, as Hollandse vloot-luitenant, teen die Engelse by Doggersbank geveg en verkies om in vrywillige ballingskap in die Kaap te woon, toe die stadhouer Wilem van Oranje in 1795 na Engeland gevlug het. Deur sy invloed en kontakte by die Hollandse hof is hy deur die H.O.I.K. aangestel as vendumeester-generaal van die Kaapkolonie.

Op 23 Maart 1795 is hy in die eg verbind met Barbara Jacoba VAN REENEN. Die paar het in ‘n swierige huis in Heerengracht, oorkant die Groote Kerk, gewoon en was die ouers van ses kinders:
(1)Dirk Gijsbert (1796), ‘n advokaat van beroep en getroud met Louisa Johanna VAN DER POEL. In 1829 het hy na Batavia gegaan waar hy in 1852 oorlede is.
(2) Gijsbert Jan Carel (1797), notaris te Kaapstad en getroud met Gesina Wilhelmina KARNSPEK; hertroud in 1829 met Hester JOUBERT; 7 kinders.
(3) Aletta Catharina (1799), getroud met die advokaat Josua Andries JOUBERT en hertroud met Tobias Johannes HEROLD, predikant te Stellenbosch.
(4) Jacobus Johannes (1801), kaptein in die Engelse seediens en oorlede in 1824 te Mombasa.
(5) Jacobus Lourens (1805), oorlede 1806.
(6) Francis William (1810), L.W.V. vir Swellendam, later aangestel as Draer van Swart Roede.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing: