Surnames R to U

Written by Stamouers on . Posted in R - U.

RAATHS Philip Arnold Christian

Philip Arnold Christian Raaths / Raht / Raats was van Blankeburg, Duitsland. Hy kom in 1763 op die skip De Jonge Lieve in die Kaap aan. Hy was "n plaaskneg van 1765 tot 1769. Op 26 November 1769 trou hy met Susanna Maria Swanepoel, gedoop 26 Julie 1744, en die dogter van Johannes Swanepoel en Dina Brits. Dina is "n afstammeling van die slaaf Susanna van Bombasa. Hy trou die tweede keer op 4 Mei 1777 met Johanna Angenita Pieterse, gedoop 2 Februarie 1755, en die dogter van Johannes Peters en Elsje Gertze.

KINDERS
b1 Catharina Margarita gedoop 25 Feb 1770
b2 Philip Arnoldus Christian gedoop 19 Mei 1779
b3 Johannes Christoffel gedoop 19 Mei 1779, X 4 Des 1803 Johanna Helena Vosloo
b4 Elsje Elisabeth *c1780
b5 Philip Arnoldus Christiaan gedoop 10 Feb 1785, X 25 Okt 1801 Martha du Plessis, XX 26 Nov 1836 Martha Maria Louisa Jacobs, de facto met Geertruida Johanna Horak
b6 Johanna Catharina Margaretha gedoop 10 Feb 1785, X 25 Jul 1802 Johan Hendrik Christoffel Oosthuizen
b7 Rudolph Johannes gedoop 13 Mei 1789, X 15 Jan 1809 Maria Sophia du Plooy

Bronne:
SAG Vol 9
Bydrae:

Navorsing: