Surnames N to Q

Written by AM van Rensburg on . Posted in N - Q.

PUTTER Dietrich

Dietrich PUTTER ook genoem: Dietrich Potter gebore Zierenberg, Hesse-Kassel. Hy was 'n Jagter. Op 29 Oktober 1679 trou hy met Zacharia VISSER. Hy arriveer by die Kaap voor 1676. Zacharia was die dogter van Jan Coenraad VISSER en Geertjen GERRITS, sy was gedoop 28 Augustus 1665. Putter en Visser het nege kinders gehad.

In 1678 het Dietrich Putter asook Hans Melchior Hoffman en Willem Loots "n kontrak gemaak om die Kompanjie met 2,500 pond wildsvleis per maand te verskaf. Hy word 'n veeboer, en in 1692 besit hy 1,200 skape en 66 beeste.

KINDERS:
b1 Margaretha = 1.12.1680 x Jan Niemand
b2 Anna Catharina = 11.7.1683 x Pieter Roelofs
b3 Jannetje 18.11.1685 x Nicolaas Holm (?)
b4 Elsie = 21.3.1688 x Johannes Mulder xx Barend Vlotman
b5 Susanna = 25.6.1690 x Sebastiaan Pyl xx Hans Kuhn xxx Paarl 12.10.1732 Johann Trapp v. Hamburg
b6 Geertruy = 14.9 1692 x Gerrit van der Linde
b7 Alida = 5.9.1694 x Casper Hendrik Badenhorst
b8 Maria = omtrent 1696 x Joachim Koekemoer
b9 Jan Lodewyk = omtrent 1696 x Anna van der Swaan (7 kinders)

Dietrich sterf 1699. Na Putter dood is trou Zacharia die tweede keer c 1701 met Johannes Basson, sy trou die derde keer 5 Julie 1706 met Andries Krugel.

Bronne:
de Villiers en Pama
GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
J Hoge Personalia of Germans at the Cape

Saamgestel deur:
AM van Rensburg