Surnames N to Q

Written by AM van Rensburg on . Posted in N - Q.

PHYFFER Johannes

Johannes PHYFFER ook bekend as PFEIFFER/PHYPHER, was "n Duitser wat in 1675 na die Kaap gekom het. Hy moes ses jaar dwangarbeid op Robbeneiland deurbring weens geldverduistering.

Hy trou in Kaapstad 17 Julie 1690 met Maria Hendriks

KINDERS

b1 Anna gedoop 23 Sep 1691, X Kaapstad 16 Sep 1708 Johannes Lette
b2 Francina gedoop 29 Nov 1692

Hy was aangekla weens diefstal op 1 Maart 1675. Hy was "n wamaker en in 1692 het hy een slaaf besit.

Daar is "n brief wat bestaan wat Phyffer geskrywe het in 1700.

Hy het ook "n tappery besit in 1700. Hy was "n persoonlike vriend van Simon van der Stel, en hy het die wynpag toe ontvang. Hierdie geleenthede het groot ontmin onder die ander burghers veroorsaak. Phypher het die volgende drank verkoop: Brandewyn in 1697, 1698, 1703, 1704; Kaapse wyn 1703, 1704; alle drank 1706. Hy was ook "n tabak handelaar gewees vir 1697, 1703, 1704.

Phypher was ook "n visserman en in 1706 het sy boot op Dasseneiland gestrand, hy moes toe "n nuwe boot van die Kompangie koop.

Hy het later "n gesiene persoon aan die Kaap geword. Simon van der Stel is in sy huis oorlede, heel moontlik op die plaas Wyn en Brood, of dalk in Phyffer se dorpshuis naby die Kasteel.

Johannes sterwe c 1713


Bronne:
Karel Schoeman Armosyn van die Kaap
GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting

Saamgestel deur:
AM van Rensburg